Hier Staan Ons // Jannie Moolman

  • Order by Phone
  • 0861000291

Note: Fees may apply

  • Organized by Hier Staan Ons

Dit gaan voel soos ‘n aand in ‘n Europese teater, die keer in die gemak van jou eie uitskopstoel. Jannie Moolman keer terug na sy wortels en sing weer klassieke treffers soos “nessun dorma,” hierdie keer reg voor die Voortrekkermonument. Dit gaan ‘n eens in ‘n leeftyd ervaring wees en jy kry die geleentheid om op 13 September na hierdie vertoning vanaf enige plek in die wêreld te kyk. Die vertoning word teen die vooraansig van die Voortrekkermonument geprojekteer en digitaal uitgesaai.

Die FAK het onlangs as deel van sy Geskiedenisfonds ’n omvattende hulpprogram ter ondersteuning van Afrikanermonumente bekendgestel om hulle finansiële oorlewing te midde van die Covid-19-pandemie te verseker. Die Voortrekkermonument in Pretoria is een van die instellings op die FAK se prioriteitslys. Weens die verlies aan toerisme-inkomste omrede die nasionale staat van inperking is dié instelling een van die plekke wat moontlik sy deure kan sluit.

Kaartjies kos slegs R60 en met dié kaartjie kan jy en jou hele gesin saam na die konsert vanuit julle sitkamer kyk of waar julle ’n kerslig-ete geniet. Maak seker dat jy hierdie geskiedkundige geleentheid kan ervaar, koop nou jou kaartjie!


Prices:
Hier Staan Ons // Jannie Moolman 13 September 2020
19:00 PM GMT +2
LET WEL: die skakel aktiveer eers op 13 September om 18:00 PM
Livestream Access R60.00

Add To Calendar

Place Order