This event is over.

Steve Doen Steve

Vd6z4FB.jpeg
As ek terugkom doen ek STEVE DOEN STEVE en ek belowe om te sing net wat ek wil!” - Steve Hofmeyr se belofte op ‘n koel, nat aand in April 2023.

Dit het hy belowe voor duisende konsertgangers wat opgedaag het om hom Neil Diamond te hoor sing – in die reën. Wel, dis tyd om te maai wat jy gesaai het, Steve.
Suid Afrika se gewildste, mees omstrede, invloedrykste, trotste en besigste sanger, is reg om sy belofte gestand te doen.

Hy keer terug na die Monument in Pretoria, met sy orkes en ‘n groot seunskoor, om ‘n rits van sy grootste, mees onvergeetlike liedjies te kom sing. As jy LAASTE LAG, AGTER ELKE MAN, KYK HOE LYK ONS NOU, DEUR JOU VINGERS, FEESLIED, REDGEBED en DIE LAND weer wou hoor, is 27 & 28 April 2024 jou aand.

En dalk nog AMANDA?

Op die vraag, wat gaan jy nog sing, Steve, was sy antwoord kripties: “Wat sou jy wou hoor so naby aan Loftus en so netjies in die skadu van die majestueuse Voortrekkermonument? Kom kyk maar self! En, net vir ingeval, bring ‘n sambreel!”

Hierdie buiteluggeleentheid word op 27 & 28 April 2024 in die Amfiteater by die Monument in Pretoria aangebied.
Kaartjies vir STEVE DOEN STEVE nou by iTickets.

Steve Hofmeyr is 'n Suid Afrikaanse instelling met meer as 3 dekades, 40 treffers, 33 albums, 10 films, 11 boeke en duisende konserte agter sy naam.
"Waar ek tyd gekry het vir 6 kinders, gaan my verstand te bowe," skerts hy.
Maar, Steve is 'n stem vir vele en word bestempel as een van die groot legendes van sy tyd, as Suid Afrikaner, as Afrikaner en as Boerseun.

"Uiteindelik is ek 'n kultuurkind en 'n kunstenaar," beaam hy graag. Maar die wat hom liefhet weet daar is meer. Dis opwindend. Dis vaardig. Dis hoogsprofessioneel; en dit kom altyd met 'n bietjie omgee en 'n groot glimlag. Dis Steve.

Let wel aanlynverkope sluit op Vrydag 26 April om 15:00. Algemene toegangskaartjies sal teen R300 by die feeshekke beskikbaar wees tot kapasiteit bereik is.