Hier Staan Ons // Vrouedag

  • Order by Phone
  • 0861000291

Note: Fees may apply


Ons word almal gedurende COVID-19 geaffekteer met groot uitdagings, maar op 9 Augustus vier Hier Staan Ons die vroue wat elke dag seker maak dat ons gesond en veilig bly. Ons vier die mamma’s wat juffrou by die huis moet speel, die vroulike personeel in hospitale en spreekkamers wat hulle eie gesondheid op die spel plaas, ons dink aan die vroue wat sopkombuise begin en kos voorsien aan die wat dit nie kan bekostig nie en met hierdie konsert vier ons saam met jou die krag en liefde van elke Suid-Afrikaanse vrou.

Hier Staan Ons stel bekend: VROUEDAG-KONSERT met Nianell, Corlea Botha en Monique Steyn

Bederf jou vriendin, eggenoot, ma, ouma, sussie of selfs jou kollegas met hierdie unieke vertoning. Dit maak nie saak waar in die wêreld hulle bly nie, hierdie konsert word op 9 Augustus digitaal uitgesaai en ons maak vir ‘n derde keer geskiedenis wanneer die beeld op die vooraansig van die Voortrekkermonument geprojekteer word.

Die FAK het onlangs as deel van sy Geskiedenisfonds ’n omvattende hulpprogram ter ondersteuning van Afrikanermonumente bekendgestel om hulle finansiële oorlewing te midde van die Covid-19-pandemie te verseker. Die Voortrekkermonument in Pretoria is een van die instellings op die FAK se prioriteitslys. Weens die verlies aan toerisme-inkomste omrede die nasionale staat van inperking is dié instelling een van die plekke wat moontlik sy deure kan sluit.

Kaartjies kos slegs R60 en met dié kaartjie kan jy en jou hele gesin saam na die konsert vanuit julle sitkamer kyk of waar julle ’n vleisie op die kole braai. Maak seker dat jy hierdie geskiedkundige geleentheid kan ervaar, koop nou jou kaartjie!

#Winskopie Jy het ook ‘n opsie om R100 te betaal en sodoende toegang te verkry tot die volgende 2 aanlyn konserte:

9 Augustus: Vrouedagkonsert saam met Nianell, Corlea Botha en Monique Steyn
13 September: Jannie Moolman sing klassiek

Prices:
Hier Staan Ons // Vrouedag 09 August 2020
19:00 PM GMT +2
LET WEL: die skakel aktiveer eers op 9 Augustus om 18:00 PM
Livestream Access R60.00

Add To Calendar

Place Order