Warm-Winterfees 2026
NG Elarduspark is met groot opgewondenheid besig om voor te berei vir ons jaarlikse “Warm-Winterfees,” wat geskeduleer is vir 29–31 Mei 2026.
Hierdie geleentheid het ’n geliefde tradisie in ons gemeenskap geword en bring families en vriende saam vir ’n naweek vol vreugde, samesyn en viering.
Die “Warm-Winterfees” dien nie net as ’n wonderlike byeenkoms vir ons gemeente nie, maar bied ook ’n geleentheid om ons uitreik na die breër gemeenskap uit te brei en ons missie en waardes te deel.
Kom kuier saam met gaskunstenaars soos: ONS, Alouise, Twisted, Jabs, Vintage band en vele meer. Aktiwiteite om na uit te sien sluit ook in: ’n kinderpark, kinderteater, volleybaltoernooi, pretdraf, ’n nagmark op Vrydagaand en ons tradisionele basaar op Saterdag met ’n groot verskeidenheid stalletjies en kosstalletjies om van te kies. Ons verwag ongeveer 3 850 gaste van naby en ver, soos verlede jaar.
Sondag nooi ons elkeen uit na ons spesiale Feesdiens om 9:00.
Ons sien uit om jou by die Warm-Winterfees te verwelkom!
Price Deadlines
29 en 30 Mei 2026 | Deure open 17:00nm
Kaartjies sal ook by die ingang beskikbaar wees