Beste Krismis Party... OOIT

Order by Phone
086 1000 291
Fees may apply
Organized by Moegesukkel NPO
Visit Website
Kunstenaars doen dit wéér vir MOEGGESUKKEL.

Die Beste Krismis Party... ÓÓIT was verlede jaar ‘n ongelooflike aand van geloof, hoop, liefde, lekker lag en ‘n spesiale aand waar almal vriende was.

Goeie Nuus. Van ons land se gewildste kunstenaars bied weereens hul ondersteuning en liefde vir die 2026 Beste Krismis Party.. ÓÓIT wat sal plaasvind op Sondag 6 Desember 2026 om 15h00 by die Moreletakampus Ouditorium.

Hierdie jaar gaan selfs meer besonders wees en gaan die vervaardigers en kunstenaars diep in die publiek en mense van Moeggesukkel se harte klim met vele oomblikke wat hartsnare sal roer.

Kunstenaars sluit in:

Steve Hofmeyr, Jo Black, EDEN, Bobby van Jaarsveld, Bernice West, Monique Steyn, Nadinè, Jan Blohm, Ghap, Dozi en natuurlik ons gasvrou vanjaar, die beminde en geliefde Lindie Strydom.

EVEREST WEALTH wat verlede jaar R 1 Miljoen vir die Moeggesukkelfonds geskenk het is weereens ons hoofborg, ‘n besigheidsreus wat graag belê in groter doeleindes.

Bespreek vandag nog jou sitplekke by die skakel hieronder en as jy vriende en familie wil saam nooi, stuur sommer dadelik hierdie skakel na hulle ook:

https://itickets.co.za/events/487430

Om ‘n verskil te maak in ander se lewens, bly ‘n reuse sielservaring. Kom ons maak ‘n verskil hierdie Kersfees.

Sien julle op Sondag 6 Desember om 15h00 by Moreletakampus Ouditorium.

Price Deadlines

Sondag, 6 Desember 2026 | Deure: 14h00 | Vertoning: 15h00

* Kinders onder 2-jaar is GRATIS mits hulle op 'n volwassene se skoot sit.

Grond Vlak Voor
R475.00
Grond Vlak Agter
R425.00
Kant Areas
R375.00
Balkon 1
R375.00
Balkon 2
R275.00

Maak 'n Donasie | Enige bydrae is welkom

Baie dankie dat jy MOEGGESUKKEL ondersteun. Indien jy graag ietsie ekstra sou wou bied vir 'n goeie kerstyd vir die mense van MOEGGESUKKEL, volg hierdie skakel: https://moeggesukkel.co.za/#donate

Donasie
R0.00
Get Tickets