Beste Krismis Party... OOIT
Doors open at 2:00 pm
Fees may apply
Die Beste Krismis Party... ÓÓIT was verlede jaar ‘n ongelooflike aand van geloof, hoop, liefde, lekker lag en ‘n spesiale aand waar almal vriende was.
Goeie Nuus. Van ons land se gewildste kunstenaars bied weereens hul ondersteuning en liefde vir Die Beste Krismis Party.. ÓÓIT 2026 wat sal plaasvind op Sondag 6 Desember 2026 om 15h00 by die Moreletakampus Ouditorium.
As verlede jaar se konsert vir jou iets besonders was, gaan vanjaar selfs meer in jou hart, siel en wese kruip want die kunstenaars gaan veel dieper diep in die publiek en mense van Moeggesukkel se harte klim met vele oomblikke wat hartsnare sal roer.
Kunstenaars sluit in:
Steve Hofmeyr, Jo Black, EDEN, Bobby van Jaarsveld, Bernice West, Monique Steyn, Nadinè, Jan Blohm, Ghapi, Dozi en natuurlik ons gasvrou vanjaar, die beminde en geliefde Lindie Strydom.
Ons is geweldig dankbaar vir EVEREST WEALTH wat weereens hul hart oopmaak as borg vir die konsert en ons is verwelkom graag Rental Buddies, Maroela Media en The Marketing Zoo as trotse deelnemers in hierdie groter doel,
Om ‘n verskil te maak in ander se lewens, bly ‘n reuse sielservaring so kom ons maak ‘n verskil hierdie Kersfees maar bowenal, kom ons onthou die ware geskenk van Kersfees.
Sien julle op Sondag 6 Desember om 15h00 by Moreletakampus Ouditorium.
Price Deadlines
Sondag, 6 Desember 2026 | Deure: 14h00 | Vertoning: 15h00
* Kinders onder 2-jaar is GRATIS mits hulle op 'n volwassene se skoot sit.
Grond Vlak Voor
R475.00
Grond Vlak Agter
R425.00
Kant Areas
R375.00
Balkon 1
R375.00
Maak 'n Donasie | Enige bydrae is welkom
Baie dankie dat jy MOEGGESUKKEL ondersteun. Indien jy graag ietsie ekstra sou wou bied vir 'n goeie kerstyd vir die mense van MOEGGESUKKEL, volg hierdie skakel: https://moeggesukkel.co.za/#donate
Donasie
R0.00