Moreleta Kerk Kerssangbelewenis 2026

Order by Phone
086 1000 291
Fees may apply
Organized by Moreleta Ouditorium
Visit Website
Moreleta Kerk nooi jou, jou gesin en vriende uit na ’n onvergeetlike belewenis met die tema “Sy asem in ons.”
Kom ervaar die krag van God se asem wat deur die eeue vibreer, van skepping en die eerste asemteug in Bethlehem, tot die lewegewende Krag wat vandag steeds elke hartklop met hoop vul.

Met die talentvolle Monique Steyn, Refentsé en Steve Hofmeyr as gaskunstenaars, beloof hierdie om 'n onvergeetlike aand te wees.

Hulle word bygestaan deur Moreleta Musiek, onder die bekwame leiding van Johan Kelber en Simoné Roets.

Dit is die perfekte manier om saam met die gemeenskap die geboorte van Jesus te vier—'n aand van lofprysing wat die hart gereed maak vir Kersdag.

Die fokus val op die krag van die Boodskap, met elke lied en klank wat getuig van die wonder van God se teenwoordigheid onder ons.

* Kinders onder 2-jaar is GRATIS mits hulle op 'n volwassene se skoot sit
* Kosstalletjies sal oop wees vanaf 15h00

Price Deadlines

Sondag, 22 November 2026 | 17h00 | Deure: 16h00

* Kinders onder 2-jaar is GRATIS mits hulle op 'n volwassene se skoot sit
* Kosstalletjies sal oop wees vanaf 15h00

Grond Vlak Voor
R45.00
Grond Vlak Agter
R45.00
Get Tickets