Koeke & Terte - Die GAME SHOW! (Ladies Night) Centurion

Doors open at 6:00 pm
Order by Phone
086 1000 291
Fees may apply
Organized by Tpk Produksies | Gesonde Seks
Visit Website
Koeke & Terte - Die GAME SHOW!

Timothy Kieswetter die bekende Gesonde Seks terapeut en komediant is vanaand julle GAME SHOW host. KOEKE EN TERTE – DIE GAME SHOW herskryf die reëls van wat 'n opvoedkundige komedie kan wees.
  • Meer FUN
  • Meer VERSTAAN
  • Meer LAG
  • Meer ONTSPAN
  • Meer BEGRIP
Deur middel van 'n app op jou foon, gee almal in die gehoor anoniem terugvoer en vorm jy deel 'n unieke interaktiewe ervaring.

Met GAME SHOW elemente soos:
  • Wat is jou Koek-Karakter?
    Het jou ma jou groot gemaak en voorberei om in die koek-span of tert-span te speel?
  • Wat is jou man se Koek-Smaak?
    Is hy tradisioneel en geniet sy VANALLA koek of is hy kinky en braaf en lus vir 'n stukkie RED VELVET?
  • Is ek die doos?
    Is ‘n speletjie waar ons uitvind of jou man 'n aspris doos of 'n per ongeluk doos is?
  • Identifiseer jou man se EMOJI.
    Is 'n speletjie waar ons die verskillende emosies van vrouens en mans teenoormekaar opweeg en vra:
    32.png 32.png 32.png 32.png
KOEKE EN TERTE – Die GAME SHOW is 'n Ladies Night vir almal jonk en oud, enkel of getroud. Koek of Tert. Maak nie saak hoe jy jou deeg vou nie, hierdie Show gaan jou oë oopmaak tot die feit dat jy soveel meer is.

Of jou fondant nou al 'n bietjie hard en droog is en of jou room al 'n bietjie suur is, jou man gaan nie kan help om weer sy lippe vir jou af te lek nie.
,br> Kom giggel en bloos saam met jou vriendinne, terwyl jy die resep kry om jou huwelik NIE te laat flop nie.

Kom beleef 'n show soos wat jy nog nooit van te vore beleef het nie! En stap weg met 'n persoonlike antwoord op jou unieke situasie.

Geen Onder 18's

Price Deadlines

Woensdag, 5 Augustus 2026 | 19h00 (Deure open 18h30)

- Geen Onder 18s
- 90 min
Geniet 'n heerlike ete by Centurion Teater se restaurant, The Rehearsal Room Eatery, voor die vertoning. KLIEK HIER en Bespreek 'n tafel by restaurant.centurionteater.co.za

* Maak seker jou foon is volgelaai en dat jy data het, dit gaan 'n lekker interaktiewe aand wees

Grondvloer sitplek
R250.00
Messanine sitplek
R250.00
Get Tickets