This event is over.
Hoërskool Noordheuwel | Norie-Singfonie
Kom woon die Norie-Singfonie by en geniet die viering van klank en harmonie in die kombinasie van koor en orkes. Die vertoning beloof om 'n klankryke ervaring te wees saam met kore wat hul harmoniese stemme gaan laat hoor. Hierdie kore sluit in Laerskool Kenmare, Laerskool Roodekrans, Hoërskool Randburg, Hoërskool Monument en Hoërskool Noordheuwel (wat ook as gasheer van die aand optree). Om hierdie opwindende ervaring te bekroon, gaan die Simfonia Juventi die toeskouers met 'n orkes-vertoning bederf waarna die aand op 'n hoë noot afgesluit gaan word met 'n massa koor-en-orkes-item. Koop nóú jou kaartjie om teleurstelling te voorkom.