Online ticket sales closed

WONDER Kuier

Doors open at 5:00 pm
Organized by Laerskool Wierdapark
Visit Website

WONDERKUIER – ’N AAND OM TE ONTHOU!

Maak gereed vir ’n aand vol lag, musiek en goeie geselskap. WonderKuier is meer as net ’n funksie. Dis ’n familieKuier — ’n samekoms, ’n ervaring, en ’n aand waar herinneringe gemaak word.

OSBRAAI!
Het jy al ooit ’n os geëet?
Jy sal nooit weer honger wees nie!

Vir die kinders:
Hope springkastele waar hulle na hartelus kan baljaar, speel en lag terwyl die grootmense kuier.
Die SNOEPIE gaan oop wees!

Seremoniemeester: Hammie Wessels
Met sy skerp humor, natuurlike teenwoordigheid en uitstekende aanvoeling vir mense, laat hy die aand vloei soos net hy kan.

Kunstenaar: Arno Jordaan
Bekend vir sy kragtige stem, opregte lirieke en liedjies wat mense saam laat sing.

* Merk jou kalender.
* Bring jou mense.
* Kom kuier saam.

WonderKuier – waar goeie mense en goeie musiek ontmoet.