Iron Men Konferensie

Order by Phone
086 1000 291
Fees may apply
Organized by Worth It Foundation
Visit Website

Die Iron Men Konferensie

Die Iron Men Konferensie is 'n kragtige byeenkoms vir manne wat geroep is om hul ware identiteit in God te ontdek en hul rol as leiers, vaders en eggenote met nuwe oortuiging te leef.

Hierdie konferensie is geïnspireer deur die lewens van Bybelse rolmodelle soos David, Josua, Gideon, Moses, Simson, Abraham ens. - manne wat nie volmaak was nie, maar wat deur God gebruik is om generasies te beinvloed. Hulle het foute gemaak, maar telkens teruggekeer na hul roeping en hul identiteit in die Here gevind.

Net soos hulle staar vandag se mans groot uitdagings in die gesig: die druk om te voorsien, die spanning in verhoudings, end ie soeke na betekenis in 'n vinnig veranderende wêreld.

Iron Men is 'n plek vir eerlike, rou gesprekke waar manne kan vra, deel en leer - sonder oordeel.

Sprekers van verskillende ouderdomme en generasies gaan aan die woord wees - van jong manne wat hul geloof en gesin in 'n moderne wêreld uitleef, tot ervare manne wat wysheid en lewenslesse deel. So kan elke gas aanklank vind by iemand uit sy eie lewensfase, maar ook leer by die perspektief van 'n ander generasie.

"Yster slyp yster, so slyp die een man die ander." - Spreuke 27:17

Die Iron Men Konferensie is meer as net 'n geleentheid - dit is 'n beweging, 'n Roepstem aan manne om op te staan, hul roeping as Koning, Priester en Profeet te omhels, en gesinne, gemeenskappe en generasies te verander - van binne af, deur God se krag.

En soos in Ester 4:14 bevestig ons dat "You were born for such a time as this."

Price Deadlines

Saturday, 14 March 2026 | Doors 07:30am | Starts 08:00am

Age restriction: NO under 16s

General Access | Early Bird rate
R150.00
General Access
R200.00
Get Tickets