This event is over.

iTickets Spoegwolf op Ys 2026

Doors open at 5:00 pm
Organized by Spoegwolf
Visit Website
iTickets Spoegwolf Op Ys keer terug na Pretoria – groter, kouer en nog meer asemrowend.

Die unieke winterfees in die SunBet Arena is hierdie keer op 'n heel nuwe vlak. Wat in 2025 begin het as ’n droom van sneeu, liggies saamwees, ontwikkel in 2026 tot ’n volskaalse winterwonderwêreld.

Amper 10 000 mense, konfetti-sneeu en Spoegwolf se langste set van die jaar - alles in die land se beste arena.

Spoegwolf Op Ys is nie net ’n konsert nie – dis ’n ervaring. ’n Aand van koue lug en warm harte. Van saamsing en sjerrie. Van warmsjokolade, feëtjieliggies en wolmussies. Van lirieke wat hang soos asem in die winterlug.

Dis ’n Julie-Kersfees met jou mense. Dis Spoegwolf en ITickets se op ys.

Trek warm aan. Maak reg vir die winterwonderwêreld.

VRYDAG 10 JULIE – SUNBET ARENA – MENLYN MAINE – PRETORIA