Tietelogie & Tottikunde (Couple Show) - Bloemfontein

Order by Phone
086 1000 291
Fees may apply
Organized by Tpk Produksies | Gesonde Seks
Visit Website
Hoekom is dit dat seuntjies dogtertjies se hare trek wanneer hulle eintlik van hulle hou en dogtertjies hulle hare terug gooi en ogies maak nog voordat hulle oud genoeg is om makeup te dra?

Want die bloudruk van liefde is reeds in ons DNA van kindsbeen af. Dit vorm ons, dit begelei ons en dit foeter ons lewens op as ons dit nie verstaan en bestuur nie.

Ons instinktiewe soektog tot liefde is iets wat ons nie van kan wegskram nie. En ons gaan dit onbewustelik soek in elke verhouding waarin ons is. En as ons dit nie daarin vind nie, gaan ons al ons toys uit die kot begin gooi.

Gelukkig hoef ons nie meer blindelings die emosies en up’s and down’s van liefde te trotseer nie, daar is ‘n padkaart, ‘n kompas, ‘n antwoord.

Timothy Kieswetter, in sy nuutste couples komedie, “Tietelogie en Tottikunde”, ontbloot hy die wetenskap van liefde. Alles vanaf die man se slaapkamer drome tot al die vrou se nagmerries.

Tietelogie en Tottikunde gaan vir jou alles leer van die vrou en man se liefdes DNA, sodat jy dit meesterlik kan navigeer tot ‘n vervulde en intieme liefdeslewe.

Geen Onder 18's

Price Deadlines

Donderdag, 19 Februarie 2026 | 19h00 (Deure open 18h00)

Geen Onder 18's
90min

VVIP Voucher/ Kaartjie - Middle Area
R300.00
VIP Voucher/ Kaartjie - Left Area
R220.00
VIP Voucher/ Kaartjie - Right Area
R220.00
Gewone Kaartjie - Left Area
R150.00
Gewone Kaartjie - Right Area
R150.00
Get Tickets