Steve Hofmeyr | Live @ Diemersfontein

Doors open at 5:00 pm
Order by Phone
086 1000 291
Fees may apply
Organized by Heroes Live
Visit Website
Steve Hofmeyr bied een laaste gratis konsert aan vir IKOON kaartjiehouers by Diemersfontein Wyn-landgoed op 24 Januarie 2026.

Alhoewel dit nie moontlik is om die oorspronklike multi-kunstenaar program of die grootskaalse produksie wat vir die DHL Stadion beplan was, te herskep nie, bly Steve getrou aan sy woord: “Selfs al moes ek heeltemal alleen opdaag, sou ek hierdie vertoning doen.” Hierdie konsert is sy manier om daardie belofte gestand te doen en sy dankbaarheid te toon aan sy ondersteuners wat hom al 40 jaar lank getrou volg.

Met sy splinternuwe album DWAAS bring Steve Hofmeyr 'n vars en energieke konsertreeks wat oud en jonk gaan bekoor. Die vertoning sluit kragtige nuwe treffers soos “Dwaas”, “Laaste Song”, “As Jy My Vind” en “Alleen” in – liedjies wat reeds diep in luisteraars se harte vas steek.

Tussen die nuwe klanke deur sorg Steve natuurlik ook vir die geliefde gunstelinge wat sy aanhangers oor die jare leer ken en liefkry het.

DWAAS 2026 is meer as 'n konsert – dis 'n viering van eerlikheid, liefde, verlange en die gekheid van die lewe self.


Vrywaringskennisgewing:

Neem asseblief kennis dat iTickets, Bok Radio/ Heroes Live en Diemersfontein Wyn-landgoed uitsluitlik Steve Hofmeyr bystaan met die kaartjieverkope vir hierdie nuwe geleentheid. Hierdie geleentheid is heeltemal apart en onverwant aan die voorheen uitgestelde of gekanselleerde Steve Ikoon-konsert.

Alle kaartjienavrae rakende die Ikoon-konsert moet aan die oorspronklike geleentheidorganiseerders gerig word.

Dankie vir u begrip.

Price Deadlines

Saterdag, 24 Januarie 2026 | Deure: 17h00 | Vertoning: 20h00

* Kaartjiepryse is Per Persoon
* Kos stalletjies en kroeg beskikbaar
* Bring jou eie kampstoel of piekniek kombers

Volwassene Toegang
R250.00
Get Tickets