This event is over.

Jingle Ballz (Kersfees Couple Show)

Doors open at 6:30 pm
Organized by Tpk Produksies | Gesonde Seks
Visit Website
JINGLE BALLZ
“Jou Vakansie Oorlewingsgids”

Net voor jy jou flip-flops aantrek en soos ’n sielige wors op die strand gaan lê, bring Timothy Kieswetter vir jou ’n Once-Off Comedy Special. Dink daaraan as jou "hoe oorleef ek my familie sonder om in ’n misdaad-dokumentêr te eindig?" handleiding.

Hoekom het jy dit nodig? Wel…

Vakansies = familietyd. En familietyd = skoonfamilie. En skoonfamilie = die Bybel het ons gesê "moenie uitdaag nie, dis gevaarlik".

Vakansies klink soos rus en vrede… en dan bam! iemand huil, iemand skree, iemand pak sy tas om "huis toe te ry" (maar niemand weet watter huis nie).

Jou kinders? Ja, hulle is nou 24/7 op jou soos 'n pop-up advertensie. "Maaa! Ek is bored! "Paaa! Kyk!" "Hoekom slaap julle nog, dis net 05:04?"

Trouberaders doen Januarie dubbel skofte. Want ná drie weke se strand, sweet, familie en kinders vra jy jouself: "Het ek regtig belowe tot ewig en ewig…?"

Skei-prokureurs glimlag breed na Desember. Hoekom? Want iemand moet die ski-vakansies betaal… en dis nie jy nie.

Vakansies is basically 'n huwelik-eksamen. Is julle liefde sterker as die swarigheid? Of gaan iemand by dag 7 op 'n kussing in die motor slaap?

Maar ontspan — jy hoef nie deel te word van die "vakansie oorleef nie" statistiek nie. Timothy is hier om jou toe te rus sodat jy terugkom gelukkiger, kalmer… en nog getroud.

Hierdie survival kit sluit in:
  • Kinder-Ontsnappingsplan 101
    Hoe om hulle besig te hou sodat jy nie self ’n tantrum gooi nie.
  • Skoonma Verskansingsstrategie
    Vinniger as 'n ninja. Subtieler as 'n swartskaap.
  • IrrIterende-Man Detox
    Ja, hy kyk nog steeds sport. Ja, ons kan hom regkry.
  • Kopseer-Vrou Kit
    Want sy se "ek’s fine" beteken presies die teenoorgestelde.
  • Kommunikasie Veldgids
    Leer praat sonder om te skree, te huil of 'n WhatsApp essay te stuur.
Berei jou voor. Lag jou stress weg. Gaan op vakansie — en kom terug met jou huwelik en verstand nog heel.

Jingle Ballz.
Want as jy nie gaan lag nie… gaan jy huil.

Geen Onder 18's