RUT Konferensie 2026

Order by Phone
086 1000 291
Fees may apply
Organized by Worth It Foundation
Visit Website

Die Rut Konferensie is geïnspireer deur die lewe van Rut, die Moabitiese vrou wie se storie van geloof, lojaliteit en meer as een nuwe begin deur eeue heen vrouens aangeraak het. Sy was nie ’n vrou met ’n perfekte lewe of maklike omstandighede nie — sy het verlies, onsekerheid en verandering geken. Tog het sy vasgehou aan geloof, aan liefde, en aan die wete dat God selfs in die stil jare iets besonders voorberei.

In vandag se wêreld is vrouens oorlaai — met rolle, verwagtings en eise wat dikwels hulle identiteit verduister. Rut herinner ons dat waarde nie in prestasie lê nie, maar in verbondenheid met God. Sy leer ons dat ware vervulling begin wanneer ons weer leer om te luister na Sy stem, mekaar te dra, en om met geloof te leef in elke seisoen — of dit nou saai of oes is. Sy leer ons dat God se tydsberekening perfek is.

Temas wat ons graag wil aanraak tydens die Rut konferensie

1. “Van verlore tot vervul” – God se plan in die middel van pyn.
2. “Die wagseisoen” – Vertroue wanneer daar nog niks gebeur nie.
3. “Lojaliteit in ’n selfgesentreerde wêreld” – Hoe om getrou te bly aan mense en aan God.
4. “Verhoudings wat bou, nie breek nie” – Gesonde liefde, eer en respek in alle verhoudings.
5. “God se guns oor jou lewe” – Leer om Sy hand raak te sien in elke situasie.
6. “My storie, Sy glorie” – Hoe God ons lewens gebruik as getuienisse van hoop.
7. “Wanneer generasies ontmoet” – Die krag van vrouens wat mekaar versterk.

Die Rut Konferensie is vir elke vrou — jonk of oud, gevul met drome of leeg van hoop — wat weer wil glo dat God haar sien, haar ken en haar storie gebruik. Dis ’n uitnodiging om saam aan tafel te sit met ander vrouens, te luister, te lag, te huil en te groei.

“En wie weet,” sê Rut se storie,
“ons weet nie altyd waarheen en op watter onbekende paaie God ons neem nie, maar ons weet Hy loop saam en miskien is hierdie die seisoen waarin God iets nuuts in jou lewe begin.”

Price Deadlines

Saturday, 07 March 2026 | Doors 08:00am | Starts 08:00am

Age restriction: NO under 16s

General Access
R200.00
Get Tickets