This event is SOLD OUT
GrootFees | Afrikaans is Groot Buitelug
Doors open at 4:00 pm
AiG-Buitelug:
Die grootste somerfees op die Tuinroete keer weer terug na die ikoniese ATKV-Hartenbos Amfiteater op 20, 27 en 31 Desember 2025!
Wat in 2019 begin het as die Somerfees in Mosselbaai, het ontwikkel tot ’n uitverkoopte vakansiehoogtepunt – en dié jaar beloof om selfs groter te wees! Met drie aande se topklas vermaak in ’n pragtige kusomgewing, is GrootFees ’n absolute moet hierdie vakansieseisoen.
Bok van Blerk, Demi Lee Moore, Riana Nel, Ruhan du Toit, Corlea, Ricus Nel, Elvis Blue, Bernice West en Elandré is dié jaar op die AiG-Buitelug verhoog te sien.
Vir ’n meer intieme ervaring, bespreek jou plek in die gouesirkel. Tafels van ses is ook te koop en sluit ’n kas drankies in.