Keelvol


KeelVOL:
Dirk Havenga is die nuwe sang- en musiekonderwyser op die dorp. Hy het 'n terugslag as musikant beleef in die stad en probeer nou sy heil vind op die platteland. Hy is metodies, passievol oor musiek en kruip weg agter 'n gordyn van sarkasme en harde werk.
Mariëtte Labuschagne werk in 'n boekwinkel op dieselfde dorp. Sy droom haar hele lewe lank van 'n loopbaan op die verhoog. Al wat sy wil doen, is sing en "perform". Sy is spontaan, lewenslustig, altyd gereed met ’n grappie of ’n storie, en sy is altyd ongeremd.
Mariëtte is reg vir haar eerste sangles. Is Dirk? Hierdie kombinasie kan óf 'n resep vir 'n ramp wees, óf dalk net wat hulle albei nodig het.
Germandt Geldenhuys (beter bekend as Louis Koster in die gewilde kykNET-sepie Binnelanders) en Je-ani Swiegelaar (beter bekend as Naomi Ferreira in Binnelanders) maak vir die eerste keer saam hul verskyning op die verhoog in hierdie bittersoet komedie.
Dié produksie beloof om iets te wees wat die gehoor se ore, lagspiere, traankliere en harte sal aanraak. Kom wees deel van hierdie unieke teaterervaring waar storie, musiek, stemme en drome saamgeweef word – en kom vind uit hoe belangrik dit is om jou eie stem te vind in 'n wêreld wat jou soms wil stilmaak.