PRETORIA FEES 2025

Order by Phone
086 1000 291
Fees may apply
Organized by PRETORIA FEES
Visit Website
Kom ervaar die opwindende Pretoria Fees 2025 van 18 tot 21 April 2025 by die Legends Adventure Farm! Hierdie jaarlikse fees bied alles – van opwindende musiek, indrukwekkende lugvaartaksie, tot plaaslike kos en unieke handgemaakte items. Die ideale gesinsdag uit, vol aksie, lekkernye en pret vir al die sintuie!

Op die Alte Lekka Musiekverhoog sal daar ‘n fantastiese line-up van kunstenaars wees wat enige musiekliefhebber se hart sal verower. Geniet vertonings van gewilde kunstenaars soos:

VRYDAG 18 APRIL | Alte-Lekka Alternatief: Elandre, Bernice West, Tasche, Zaan Sonnekus, Droomsindroom, Die Piesangskille, Fokof Polisiekar, Spoegwolf
SATERDAG 19 APRIL | Alte-Lekka Afrikaans: Chris Steyn, Riaan Benade, Juanita du Plessis, Emo Adams, Juan Boucher, Appel, Bok v Blerk
SONDAG 20 APRIL | Alte-Lekka Opskop: Franja Du Plessis, JAY, Robbie Wessels, Brendan Peyper, BARTO, Dirk vd Westhuizen, Early B, Snotkop
MAANDAG 21 APRIL | Alte-Lekka Covers: TBC

Legends Adventure Farm is ook die tuiste van die Rhinopark Vliegveld. Hierdie jaar word daar tydens die Pretoria Fees ‘n fantastiese lugskou en ander lugvaartaktiwiteite aangebied, soos helikopterritte en selfs ‘n SAPFA Speed Rally. Hierdie aksievolle dag sal jou harte laat klop met adrenalien!

Demonstrasies en aktiwiteite wat jou sal vermaak, sluit in:

Gatskop Braai Village: Braai- en rookdemonstrasies
African Grain Arena: Perdeskou en Western Games Demonstration
Giftige Slang Demonstrasies
Roughstock Rodeo Club: Geïllustreerde paardry en meer
Pretpark: Van ponie-ritte, kameelritte en skyfskiet tot bylgooi, ren-simulators en so veel meer!

Vir die avontuurlustiges is daar ook aktiwiteite soos paintball, airsoft, konsolespeletjies en ‘n pull-up challenge. Die fees is ‘n avontuur wat jy nie wil misloop nie!

Kaartjies is nou beskikbaar by iTickets, so moenie jou kans mis om deel te wees van hierdie onvergeetlike gebeurtenis nie. Kry jou kaartjies vandag en maak seker jy is daar!

Kinders onder 3 jaar kry gratis toegang.

Veranderinge in die program kan moontlik plaasvind, so hou ons webtuiste dop!
Get Tickets