Steve Hofmeyr | Ikoon Konsert (SONDAG)

Doors open at 12:00 pm
Order by Phone
086 1000 291
Fees may apply
Organized by De Villiers National Events
3DE VERTONING BEKENDGESTEL! DIE STEVE HOFMEYR IKOON-KONSERT!

SONDAG 2 MAART 2025 | 14h00 | MORELETA KERK

GEEN DRANK WORD BY DIE SONDAGVERTONING VERKOOP NIE.
30% AFSLAG VIR PENSIONARISSE. GEBRUIK DIE AFSLAGKODE: IKOON

STEVE HOFMEYR | JUANITA DU PLESSIS | KURT DARREN | RICUS NEL | DEMI-LEE MOORE | JAY DU PLESSIS | BOBBY VAN JAARSVELD | KARLIEN VAN JAARSVELD | ARMAND HOFMEYR | BOK VAN BLERK | NADINE


Met albei die Saterdagvertonings van die reuse Steve Hofmeyr Ikoon-konsert nou byna uitverkoop, stel ons met trots die 3de vertoning bekend op Sondagmiddag 2 Maart 2025! Moet dit nie misloop nie!

NB:
1. GEEN DRANK WORD BY DIE SONDAGVERTONING VERKOOP NIE
2. 30% AFSLAG VIR PENSIONARISSE.


Die Steve Hofmeyr Ikoon-konsert bring die room van Suid-Afrika se kunstenaars byeen om Steve se gewildste liedjies saam met hom te vertolk in ‘n grootskaalse produksie by Moreleta Kerk. Ons gaan groot partytjie hou om Steve se 60ste verjaarsdag te vier! Dis ‘n eenkeer in ‘n leeftyd geleentheid.

Die Ikoon-konsert by die groot Moreleta Kerk Auditorium plaas die vergrootglas op Steve se roemryke nalatenskap.

Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Jay du Plessis, Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Ricus Nel, Demi-Lee Moore, Armand Hofmeyr, Nadine en Bok van Blerk vorm deel van die produksie.

"Steve het 'n enorme verskeidenheid uiters gewilde liedjies wat deur ons land se gewildste kunstenaars gesing gaan word, en hy gaan natuurlik saam sing," sê konsert-organiseerder Jacques du Plessis, sameroeper van die onlangse Theuns Jordaan Tribute-konserte op Loftus Versfeld en die DHL Stadion.

"'n Verskeidenheid eetgoed en koeldrank gaan te koop wees en ons gaan lekker feesvier! "Steve word al die afgelope sewe jaar uit groot verhoogproduksies gehou. Dit terwyl hy in sy indrukwekkende loopbaan 'n reuse bydra gelewer het om die gehore en verhoë te bou wat die grondslag gelê het vir ons groot konserte.

"Dit gaan 'n baie besonderse vertoning wees, en iets wat Pretoria vir 'n baie lang tyd sal onthou," sê Du Plessis.

"Die konsert lê ons na aan die hart. Hy verdien na soveel jaar in die bedryf dat sy musiek en persona op hierdie besonderse aand gevier kan word deur ons land se beste Afrikaanse kunstenaars sowel as sy aanhangers."

Price Deadlines

Sondag | 2 Maart 2025

14h00 - 16h00 (Deure open 12h00)
Pensionarisse - 30% AFSLAG op kaartjies, gebruik promosie kode IKOON

Grondvlak Voor (Ry A-E)
R895.00
Grondvlak Voor (Ry F-T)
R750.00
Grondvlak Agter (Ry A-C)
R605.00
Grondvlak Agter (Ry D-S)
R460.00
Balkon 1
R495.00
Kant Areas
R250.00
Balkon 2
R350.00
Get Tickets