This event is over.

Lyfies en Lilos

Doors open at 9:00 am
Organized by De Villiers National Events
PRETORIA HIER KOM ONS! ONS HET NET PLEK VIR 3000 FEESGANGERS!

eBet bied aan

LYFIES EN LILOS MUSIEKFEES

12 OKTOBER 2024| NKWE PLESIEROORD EN SWEMGAT, PRETORIA

DIE PIESANGSKILLE | VAN PLETZEN | BOBBY VAN JAARSVELD | KARLIEN VAN JAARSVELD | DIE HEUWELS FANTASTIES | REFENTSE | TATUM | MARGOT ROTHMAN

BIKINIS, BOARDSHORTS, SPEEDOS, HOLFLOSSERS, EN NATUURLIK LILOS EN KAMPSTOELE WELKOM!

PROGRAM:
09h00: Kosbediening open
11h00: Biertuin open
12h00: Tatum
12h40: Margot Rothman
13h20: Bobby van Jaarsveld
14h10: Karlien van Jaarsveld
15h00: Refentse
15h50: Die Heuwels Fantasties
16h40: Biggy
17h30: Die Pisangskille
18h20: Van Pletzen set met DJ Nax


Dis nuut en vars en opwindend! Pretoria se nuwe eBet Lyfies en Lilos Musiekfees is werklik iets besonders!

Die onderskeidende kristalhelder element is natuurlik dat jy die konserte by die wonderskone Nkwe- oord op jou lilo in die Pienaarsrivier-swemgat of op jou kampstoel kan aanskou.

Jou lilo is daardie opblaas-dryflêding wat ons gewoonlik net in Desembers uithaal. Hierdie Oktober gaan feesgangers hul lilos aandra na die Nkwe Plesieroord in Pretoria vir een van die beste line-ups van kunstenaars wat Gauteng in jare gesien het.

Karlien van Jaarsveld, Die Piesangskille, Bobby van Jaarsveld, Van Pletzen, Biggy, Refentse, Tatum, Margot Rothman en Die Heuwels Fantasties gaan feesgangers se lilos laat ontplof!

“Ons glo die line-up is uitsonderlik, maar vir ons is die setting van die fees en die vibe wat ons wil skep die groot onderskeidingselemente van die fees. Nkwe is absoluut geskik vir die aanbieding van ‘n baie unieke fees met twee sitplek-keuses,” sê feesstigter Jacques du Plessis.

Dis ‘n fees met ‘n verskil. Jy kan die konserte kyk terwyl jy in die Pienaarsrivier-swemgat op jou lilo ronddryf of sommer van die gemak van jou kampstoel in die feesterein.

Die verhoog by die fees word met ‘n 270 grade gehoor-radius opgestel sodat dit toeskouers in die rivier se swemgat op hul lilos sowel as toeskouers op hul kampstoele in die feesterein bedien. Die Nkwe Lodge het pragtige staanplek vir tente en karavane.

Kaartjies is te koop by iTickets.co.za en is beperk tot 3000.

SAB stel ‘n reuse biertent op en verskeie kosstalletjies sal lekker eetgoed bedien.

Algemene toegang: R350.
VIP: R750 (eie kroeg en toilette)   

Vir kampplekbesprekings gaan na www.nkweresort.co.za