Steve Hofmeyr | Ikoon Konsert - KAAP

Doors open at 4:00 pm
Order by Phone
086 1000 291
Fees may apply
Organized by De Villiers National Events
STEVE HOFMEYR WORD 60 JAAR OUD! | DIE STEVE HOFMEYR IKOON-KONSERT!

ONS HOU PARTYTJIE KAAPSTAD! | 29 MAART 2025 | MORESON PLAAS

STEVE HOFMEYR | JUANITA DU PLESSIS | KURT DARREN | RICUS NEL | ANDRIETTE NORMAN | PIETER SMITH | BOBBY VAN JAARSVELD | KARLIEN VAN JAARSVELD | ARMAND HOFMEYR | BOK VAN BLERK | NADINE


Kaapstad, is julle reg! Steve Hofmeyr se reuse Ikoon-konsert op Saterdag 29 Maart 2025 bring die room van Suid-Afrika se kunstenaars byeen vir een onvergeetlike aand om Steve se 60ste lewensjaar te vier in ‘n grootskaalse produksie waarin hulle sy groot treffers gaan sing.

Die Ikoon-konsert vind by die groot Moreson Plaas buite Malmesbury, en ons het plek vir 6000 konsertgangers.

Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Pieter Smith, Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Ricus Nel, Andriëtte Norman, Armand Hofmeyr, Nadine en Bok van Blerk vorm deel van die produksie.

“Steve het ‘n enorme verskeidenheid uiters gewilde liedjies wat deur ons land se gewildste kunstenaars gesing gaan word, en hy gaan natuurlik saam sing,” sê konsert-organiseerder Jacques du Plessis, sameroeper van die onlangse Theuns Jordaan Tribute-konserte op Loftus Versfeld en die DHL Stadion.

“‘n Verskeidenheid kos en drank gaan te koop wees en ons gaan lekker feesvier!

“Steve word al die afgelope klompie jaar uit groot verhoogproduksies gehou. Dit terwyl hy in sy indrukwekkende loopbaan ‘n reuse bydra gelewer het om die gehore en verhoë te bou wat die grondslag gelê het vir ons groot konserte en kunstenaars.

“Dit gaan ‘n baie besonderse vertoning wees, en iets wat Kaapstad vir ‘n baie lang tyd sal onthou,” sê Du Plessis.

“Die konsert lê ons na aan die hart. Hy verdien na soveel jaar in die bedryf dat sy musiek en persona op hierdie besonderse aand gevier kan word deur ons land se beste Afrikaanse kunstenaars sowel as sy aanhangers.

“Ek kan nie wag om te hoor hoe ons land se beste stemme saam uit volle bors onder meer ‘Agter Elke Man’ en ‘Pampoen’ sing nie!”

Kampering by Moreson

R200 per persoon per nag.
Max 4 mense per staanplek van 8x8m met toiletgeriewe beskikbaar.
Hierdie ruimte moet die voertuig en karavaan/tente bevat.
Alle versoeke kan gerig word na [email protected].

Price Deadlines

SATERDAG | 29 Maart 2025

VIP TOEGANG
R1,295.00
GOUE SIRKEL GERESERVEERDE SITPLEK
R850.00
ALGEMENE TOEGANG KAMPSTOELE
R650.00
ALGEMENE TOEGANG KAMPSTOELE - Kind onder 7
R325.00
STAANDE ALGEMENE TOEGANG
R350.00
STAANDE ALGEMENE TOEGANG - Kind onder 7
R175.00
Get Tickets