Doors open at 4:00 pm
Order by Phone
086 1000 291
Fees may apply
Organized by Coleske Artists Managment
Afrikaans is Groot Hou GrootFees in Hartenbos hierdie Desember

Hartenbos ; maak gereed vir 'n groot vakansiefees hierdie Desember, want die gewilde Afrikaans is Groot-span is terug met 'n skitterende aanbod van musiek en vermaak vir die hele gesin. Na 'n onvergeetlike fees in Hartenbos einde 2023, is die Afrikaans is Groot Produksie span verheug om die fees weer hierdie jaar nie in Hartenbos aan te bied.

Die GrootFees is 'n geleentheid vir vakansiegangers in die Tuinroete om saam met hul gunsteling sangers 'n onvergeetlike familie-dag te beleef. Dit beloof 'n ongekende konsertervaring met groot kunstenaars op die verhoog en 'n verskeidenheid kosstalletjies en vermaak vir die jongspan.

In 2019 het die fees vir die eerste keer sy buiging in Mosselbaai gemaak as die Somerfees, maar na 'n paar uitdagings, het die fees in 2022 homself herdoop as die GrootFees na die ATKV Amfiteater verskuif. Hierdie nuwe ligging het 'n onvergeetlike en gemaklike ervaring vir al die konsertgangers gesorg, en daarom sal die Afrikaans is Groot-span hierdie jaar terugkeer na Hartenbos.

Hier is 'n oorsig van die konserte wat vakansiegangers kan verwag:

Afrikaans is Groot - Buitelug sal plaasvind op 21 Desember.

Hierdie konsert sal 'n indrukwekkende groep van kunstenaars insluit, met Elvis Blue, Demi Lee Moore, Riana Nel, Ruhan du Toit, Bobby Van Jaarsveld, Ricus Nel en Monique Steyn.

Alternatief is Groot sal op 28 Desember plaasvind.

Hierdie konsert sluit kunstenaars soos Spoegwolf en Francois Van Coke in, met nog kunstenaar-verassings wat die verhoog sal deel.

Die GrootJol gaan die oujaar groet en die nuwe jaar met 'n knal afskop, met 'n konsert op 31 Desember.

Hierdie konserte sal die perfekte manier wees om die nuwe jaar in te lui, met kunstenaars soos Riaan Benade, Chris Steyn, Jay, Samantha Leonard, Karlien Van Jaarsveld, Appel, Juanita du Plessis, Eloff, Dodo en Brendan Peyper wat op die verhoog sal wees.

Kaartjies vir hierdie onvergeetlike konserte sal teen slegs R200 beskikbaar wees vir diegene wat dit eerste aanskaf, en slegs R75 vir kinders tussen die ouderdom van 2 en 12 jaar oud. Daar sal ook tafels beskikbaar wees wat vooraf bespreek kan word, vir 'n nog meer gemaklike konsertervaring. Vir die Afrikaans is Groot Buitelug konsert sal 'n eksklusiewe Goue Sirkel area beskikbaar wees vir almal wat op soek is na 'n premium-ervaring.

Die GrootFees is 'n geleentheid vir die hele gesin om tyd saam te geniet en hul vakansie met onvergeetlike musiekhoogtepunte te vier. Die organiseerders belowe 'n feeservaring wat almal sal betower, en jy wil dit beslis nie misloop nie.

Prices

Konsert Kaartjies | Saterdag, 21 Desember 2024

19h00 tot 22h00 (Hekke open 16h00)

Kinders onder 2
R0.00

Price Deadlines

Konsert Kaartjies | Saterdag, 21 Desember 2024

19h00 tot 22h00 (Hekke open 16h00)

Fees Tafel
R666.67
Goue Sirkel
R350.00
Algemene Toegang (Early Bird)
R200.00
Algemene Toegang
R250.00
Kinders onder 12 | Algemene Toegang
R75.00
Get Tickets