Doors open at 5:00 pm
Order by Phone
086 1000 291
Fees may apply
Organized by De Villiers National Events
STEVE HOFMEYR IS 60 JAAR OUD!

DIE STEVE HOFMEYR IKOON-KONSERT!

ONS HOU PARTYTJIE PRETORIA! | 1 MAART 2025 | MORELETA KERK

STEVE HOFMEYR | JUANITA DU PLESSIS | KURT DARREN | RICUS NEL | DEMI-LEE MOORE | JAY DU PLESSIS | BOBBY VAN JAARSVELD | KARLIEN VAN JAARSVELD | ARMAND HOFMEYR | BOK VAN BLERK | NADINE


Pretoria, is julle reg! Steve Hofmeyr se reuse Ikoon-konsert op Saterdag 1 Maart 2025 bring die room van Suid-Afrika se kunstenaars byeen vir een onvergeetlike aand om Steve se 60ste lewensjaar te vier in 'n grootskaalse produksie waarin hulle sy groot treffers gaan sing. Die Ikoon-konsert by die groot Moreleta Kerk Auditorium plaas die vergrootglas op Steve se roemryke nalatenskap.

Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Jay du Plessis, Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Ricus Nel, Demi-Lee Moore, Armand Hofmeyr, Nadine en Bok van Blerk vorm deel van die produksie.

"Steve het 'n enorme verskeidenheid uiters gewilde liedjies wat deur ons land se gewildste kunstenaars gesing gaan word, en hy gaan natuurlik saam sing," sê konsert-organiseerder Jacques du Plessis, sameroeper van die onlangse Theuns Jordaan Tribute-konserte op Loftus Versfeld en die DHL Stadion.

"'n Verskeidenheid kos en drank gaan te koop wees en ons gaan lekker feesvier! "Steve word al die afgelope sewe jaar uit groot verhoogproduksies gehou. Dit terwyl hy in sy indrukwekkende loopbaan 'n reuse bydra gelewer het om die gehore en verhoë te bou wat die grondslag gelê het vir ons groot konserte.

"Dit gaan 'n baie besonderse vertoning wees, en iets wat Pretoria vir 'n baie lang tyd sal onthou," sê Du Plessis.

"Die konsert lê ons na aan die hart. Hy verdien na soveel jaar in die bedryf dat sy musiek en persona op hierdie besonderse aand gevier kan word deur ons land se beste Afrikaanse kunstenaars sowel as sy aanhangers.

"Ek kan nie wag om Antie Stienie se gesig op 'n twee reuse skerms langs 'n groot verhoog te sien nie terwyl ons land se beste stemme saam uit volle bors 'Agter Elke Man' sing. Kan jy jou indink!"

Price Deadlines

Saterdag | 1 Maart 2025

19h00 - 22h00 (Deure open 17h00)

Grondvlak Voor (Ry A-E)
R895.00
Grondvlak Voor (Ry F-T)
R750.00
Grondvlak Agter (Ry A-C)
R605.00
Grondvlak Agter (Ry D-S)
R460.00
Balkon 1
R495.00
Kant Areas
R250.00
Balkon 2
R350.00
Get Tickets