This event is over.
Organized by Hoërskool Oos-Moot
Visit Website
Hoërskool Oos-Moot Hartklopfees

Hoërskool Oos-Moot bied met trots ons jaarlikse Hartklopfees aan. Ons kunstenaars vir die dag is Bernice West, Ricus Nel, Die Piesangskille en Appel.

Hekke open om 16:00 en die eerste gaskunstenaar sal om 17:30 optree. Daar sal ook 'n verskeidenheid stalletjies en pretritte beskikbaar wees.

‘n Feesboks ('n Mandjie of ysboks wat jou toelaat om jou eie snoeperye en drinkgoed van buite in te bring – GEEN GLAS) mag ingebring word mits 'n feesboks kaartjie gekoop word. Eie stoele moet gebring word. Ongelukkig word geen gazebos of sambrele toegelaat nie.

Daar is ook veilige parkering beskikbaar indien die kaartjie hiervoor gekoop word.

Let wel: Hierdie fees is KONTANTLOOS en slegs kaart transaksies word op die dag toegelaat.