Aanlyn kaartjie verkope is gesluit

MENLOFEES

Organized by Die Hoërskool Menlopark
Visit Website
MENLOFEES 2024

Staan 'n kans om te WEN! KLIEK HIER, kry jou unieke skakel en versprei dit WYD

Sodra die geur van jasmyn Pretoria se sonsak begin veredel, word daar vere reggeskud op die rugbyvelde van Die Hoërskool Menlopark. Die Menlofees verwelkom hierdie jaar die volgende kunstenaars; Almero, Rooksein, Zaan Sonnekus en Bok van Blerk. Kom smul saam aan ‘n verskeidenheid kosse by die verskillende stalletjies. Die gr.11-dogters gaan weggooigoed tydloos omskep in stylvolle rokkies, met die jaarlikse modeparade. Ons hoop jou voete vind die note op die drie bane wat uitgepak word; die mini-ysskaatsbaan, sokkiebaan of die dansbaan. Koop gerus ook ‘n boerpot-kaartjie waar jy die kans staan om groot pryse te wen.

Ons sien daarna uit om saam met die gemeenskap 'n onvergeetlike kuieraand te beleef.

Boerpotkaartjies = R100
Boerpotpryse:
• Karoo-skaap
• Handgemaakte jagmes
• Swarovski-verkyker
• Lugballonrit vir twee
• Halfuur in ‘n helikoptersimulator
• Rugbytoetskaartjies en verblyf in Mbombela (Springbokke teen Argentinië - 28 September)
• Rugbykaartjies vir twee na die Dubai sewestoernooi (sluit in: rugbykaartjies, retoervlugte, verblyf)

Die gelukkige trekking vind op 7 September om 20:00 by die Menlofees plaas.
KTvDGIE.jpeg HUXLV3Z.jpeg

Price Deadlines

Algemene Toegang | Saterdag, 7 September 2024

Kinders onder 5 jaar kry GRATIS toegang

Algemene Toegang
R200.00

Add-on Items | Sluit nie toegang tot die Menlofees in nie

Neem kennis: Boerpot kaartjie verkope sluit on 17:00 pm op 7 September 2024

Koelerboks-belasting
R150.00