Ticket sales open 6am on Friday, 16 February

Bernice West & Ilán van Staden Live by L/S Muldersdrif Meer-Mark

Organized by IMA Music Events
Vir die eerste keer ooit kom kuier Bernice West & Ilán van Staden by Laerskool Muldersdrif! Kom geniet Mullies se "Meer-Mark" Dag saam met ons. Doenit Lyfie, doenit!

Die Meer-Mark se hekke maak 11:00 oop en die vertoning begin om 14:00.

Hierdie funksie vol lag, baljaar, lewendige musiek en lekker kos-en-drinkgoed stalletjies het die doelwit om kinders en families van die gemeenskap 'n familie-vriendelike byeenkoms te bied waar almal kan deel neem aan 'n dag vol pret en samehorigheid hier by Laerskool Muldersdrif.

Op die dag:
- Bring asb jou kaartjie uitgeprint (of op jou foon) saam om toegang te verseker. (Punt van toegang sal voor die kantoor, langs die tennisbane wees)
-Bring 'n kampstoel, sonroom, jouself en jou geliefdes saam vir 'n onvergeetlike Meer-Mark Dag.

Meer Fees, Meer Gees, Meer Pret!

*Neem asb kennis dat geen kos/drinkgoed van buite die perseel af toegelaat sal word nie. Alle kaartjieverkope wat strek oor aanlyn en – kontantverkoopte kaartjies is nie terugbetaalbaar nie. Dit sluit die geval in waar funksie op die dag deur enige vorm van natuurramp (donderstorm, haal, tornado ens.) geimpakteer word en dus gekanselleer moet word gedurende die verloop van die funksie vir markgangers se veiligheid. Markgangers neem deel aan die byeenkoms op eie risiko.