This event is over.

Die Grap van die Huwelik - Coupleaand (Emperors Palace)

Organized by Tpk Produksies | Gesonde Seks
Visit Website
Die Grap van die Huwelik

Humor is een van die vrou se top 3 redes om verlief te raak op haar man. Humor een van die beste maniere om die atmosfeer tussen mekaar lig te hou en die lewe saam te geniet.
Maar wat gebeur as alle grappies op ‘n stokkie beland?

Dan wanneer een afval is dit nie “…almal lag weer nie”, maar eerder “waar het die verliefdheid heen gegaan?” In Timothy Kieswetter, seks terapeut en komediant, se nuutste couples show verduidelik hy die GRAP VAN DIE HUWELIK.

Hierdie is Timothy se eerlikste en donkerste vertoning, wat die mites in elke huwelik aanspreek.

As jy nie net wil lag nie, maar ook ‘n dieper kyk na die gesondheid van jou eie huwelik wil hê, is DIE GRAP VAN DIE HUWELIK presies wat jy nodig het.

Geen Onder 18's