PassieVol 2024

Doors open at 2:00 pm
Moreleta Kerk
1353 De Villebois Mareuil Dr, Moreletapark
Pretoria, ZA 0081 ZA
Fees may apply

2024 PASSIEVOL
... oor ’n God van wonders
PASSIEVOL – wat in 2023 vir die eerste keer by Moreleta Kerk in Pretoria aangebied is – het van ons land se top Afrikaanse musiekkunstenaars voor ‘n gehoor van bykans 6 000 gaste byeengebring.
Dit was verseker een van die inspirerendste Christelike produksies in Afrikaans nog, en voortbouend op die sukses hiervan bied Moreleta Kerk en Voelgoed Media PASSIEVOL weer in Pretoria op Sondag 7 April 2024 aan!
Kom wees deel van hierdie unieke produksie waar musiek, lofprysing en aanbidding saamgeweef word in ‘n geloofservaring soos min!
Die kunstenaars wat optree, is Riana Nel, Bobby van Jaarsveld, Bernice West, Retief Burger, Monique Steyn en Ruan Josh.
Lindie Strydom vorm deel van die vertoning as aanbieder en storieverteller, en die musiek- en produksieregisseurs is Johan Kelber en Renier Keyser.
Wanneer laas was ons opgewonde oor God? Dis wanneer ons God weer sien vir wie Hy waarlik is, dat ons in verwondering voor Hom staan.
Met musiek deur top Afrikaanse musiekkunstenaars sal PASSIEVOL jou met verwondering vervul om te ontdek wie hierdie God vir jou is ... ’n God van wonders!
Moenie PASSIEVOL op Sondag 7 April 2024 misloop nie – slegs één vertoning. Méér as net musiek. Dis 'n ervaring. 'n Ontmoeting met God!
Sondag 7 April | 15:00-17:00 | Moreleta Kerk, Moreletapark
Kliek op passievol.com
Prices
Sondag, 7 April 2024 | 15:00 pm - 17:00 pm (Deure open 14:00 pm)
Promosie | Grond Vlak Agter
R225.00
Price Deadlines
Sondag, 7 April 2024 | 15:00 pm - 17:00 pm (Deure open 14:00 pm)
Grond Vlak Voor
R299.00
Grond Vlak Agter
R249.00
Kant Areas
R224.00
Balkon 1
R199.00
Balkon 2
R199.00
Rolstoel Vriendelik
R249.00
Sondag, 7 April 2024 | 15:00 pm - 17:00 pm (Deure open 14:00 pm)
Grond Vlak Voor
R350.00
Grond Vlak Agter
R300.00
Kant Areas
R275.00
Balkon 1
R250.00
Balkon 2
R250.00
Rolstoel Vriendelik
R300.00
