This event is over.

Stilbaai Groot Fees | Afrikaans is Groot Buitelug

Organized by Coleske Artists Management
Afrikaans is Groot Hou GrootFees in Hartenbos en Stilbaai Hierdie Desember

Hartenbos en Stilbaai; maak gereed vir 'n groot vakansiefees hierdie Desember, want die gewilde Afrikaans is Groot-span is terug met 'n skitterende aanbod van musiek en vermaak vir die hele gesin. Na 'n onvergeetlike fees in Hartenbos einde 2022, is die Afrikaans is Groot Produksie span verheug om die fees hierdie jaar nie net in Hartenbos, maar ook in die pragtige Stilbaai aan te bied.

Die GrootFees is 'n geleentheid vir vakansiegangers in die Tuinroete om saam met hul gunsteling sangers 'n onvergeetlike familie-dag te beleef. Dit beloof 'n ongekende konsertervaring met groot kunstenaars op die verhoog en 'n verskeidenheid kosstalletjies en vermaak vir die jongspan.

In 2019 het die fees vir die eerste keer sy buiging in Mosselbaai gemaak as die Somerfees, maar na 'n paar uitdagings, het die fees in 2022 homself herdoop as die GrootFees na die ATKV Amfiteater verskuif. Hierdie nuwe ligging het 'n onvergeetlike en gemaklike ervaring vir al die konsertgangers gesorg, en daarom sal die Afrikaans is Groot-span hierdie jaar nie weer fees in Mosselbaai aanbied nie, maar terugkeer na Hartenbos. Stilbaai is 'n wonderlike toevoeging tot die GrootFees.

Hier is 'n oorsig van die konserte wat vakansiegangers kan verwag:

Afrikaans is Groot - Buitelug sal plaasvind op 22 Desember in Hartenbos en 23 Desember in Stilbaai.

Hierdie konserte sal 'n indrukwekkende gorep van kunstenaars insluit, wat Demi Lee Moore, Riaan Benade, Riana Nel, Brendan Peyper, Ruhan du Toit, Corlea, Bobby van Jaarsveld, en Die Kontrak Seisoen 3 wenner insluit.

Alternatief is Groot sal op 26 Desember in Stilbaai en 27 Desember in Hartenbos plaasvind.

Hierdie konserte sluit kunstenaars soos Francois van Coke en Die Piesangskille in, met nog kunstenaar-verassings wat die verhoog sal deel.

Die GrootJol gaan die oujaar groet en die nuwe jaar met 'n knal afskop, met 'n konsert op 30 Desember in Hartenbos en 31 Desember in Stilbaai.

Hierdie konserte sal die perfekte manier wees om die nuwe jaar in te lui, met kunstenaars soos Ricus Nel, Riaan Benade, Dodo, Samantha Leonard, Jay, Appel, Karlien van Jaarsveld, en Bok van Blerk wat op die verhoog sal wees.

Kaartjies vir hierdie onvergeetlike konserte sal teen slegs R200 beskikbaar wees vir diegene wat dit eerste aanskaf, en slegs R50 vir kinders tussen die ouderdom van 2 en 12 jaar oud. Daar sal ook tafels beskikbaar wees wat vooraf bespreek kan word, vir 'n nog meer gemaklike konsertervaring. Vir die Afrikaans is Groot Buitelug konsert sal 'n eksklusiewe Goue Sirkel area beskikbaar wees vir almal wat op soek is na 'n premium-ervaring.



Die GrootFees is 'n geleentheid vir die hele gesin om tyd saam te geniet en hul vakansie met onvergeetlike musiekhoogtepunte te vier. Die organiseerders belowe 'n feeservaring wat almal sal betower, en jy wil dit beslis nie misloop nie.