This event is over.

Yonder Hartsfees 2023

Die 3de Jaarlikse Yonder Hartsfees

Ons wil jou uitnooi om ons hande te versterk om fondse in te samel vir die Noord-Kaapse Geestesgesondheidsvereniging in 2023. Dit bly ‘n groot uitdaging om in die behoeftes van die inwoners en diensgebruikers te voorsien wat daagliks die vaardigheidsontwikkelingsprogram bywoon. Dit is ons visie om hierdie program regoor die Noord-Kaapprovinsie uit te voer.

Die Geestesgesondheidsorggebruiker benodig die beste fasiliteite en sorg om waarde tot hul lewe toe te voeg. Ons gee erkenning aan hulle as vennote in hierdie feestelike aanbieding.

Ons bied dus die derde Yonder Hartsfees vanaf 31 Augustus tot 3 September 2023 aan.

Ons Missie
Iets vir almal!
  • Om die kunste in al sy genres onder die mense van Kimberley en die Noord-Kaap te bevorder.
  • Om plaaslike kunstenaars, uitstallers en entrepreneurs die geleentheid te bied om hul talente ten toon te stel.
  • Om plaaslike formele en informele besighede, die gemeenskap en liefdadigheidsorganisasies by die fees te bevoordeel.
  • Om die gemarginaliseerde en afgeleë mense van die provinsie die geleentheid te bied om hul kultuur, sang, dans en musiek ten toon te stel.
  • Om ekonomiese groei, toerisme en entrepreneurskap in die Noord-Kaap te stimuleer.
  • Om vermaak, algemene onderwys en ook onderwys binne die kunste te verskaf.
  • Om positief by te dra tot nasiebou.
  • Om mense met ‘n intellektuele gestremdheid as vennote en mede-aanbieders van die Yonder Hartsfees te erken.