This event is over.

1KOOR | Pretoria

Doors open at 5:30 pm
Organized by iTicketsZA
Visit Website

Ons is verheug om die grootste koorbyeenkoms van die jaar aan te kondig! "1KOOR" is 'n geleentheid wat beslis nie mag verbygaan nie! 20 skole, 1600 sangers, en 'n Massakoor sal saam smelt in 'n unieke koorkonsert op 16 September 2023 by die Moreleta Gemeente in Pretoria. 1KOOR is 'n opwindende inisiatief van iTickets, in samewerking met Die Afrikaanse Skoolgemeenskap, en het ten doel om die ryk koorkultuur in Suid-Afrika te bevorder en daarvan bewus te wees.

Hierdie besondere byeenkoms skep 'n podium vir leerders om hul stemtalent ten volle te benut en die 2023 koorseisoen met 'n hoë noot af te sluit. Die belofte is dat hierdie byeenkoms net die begin van 'n groeiende tradisie is, met 'n afskop in die Kaap vroeg in 2024. Skole wat deelneem aan die 1KOOR-konsert vanjaar, sal ook outomaties betrek word in die 2024 mega byeenkomste, wat internasionale blootstelling sal geniet.

Die konsert sal nie net gevul wees met verenigde stemme nie, maar ook bekende Kunstenaars, soos Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld en Anlia Star, wat die onvergeetlike aand saam met ons deel. Dit sal 'n betowerende ervaring wees wat vir 'n lang tyd sal voortklink!



VOLG 1KOOR OP SOSIALE MEDIA:

www.1koor.co.za
jSkS456.png 1KOOR
PHkANfe.png @eenkoor