This event is over.
Riverparty met Valiant Swart

Kom kuier en kamp saam in Botswana met Valiant Swart vir die jaarlikse “Riverparty”. Ons kamp in die ongerepte natuur aan die wal van 'n Botswana rivierloop. Kuier lekker in die sand om 'n vuur met Valiant wat ons vermaak. Vertonings begin saans Vrydag 22 Sep. en Saterdag 23 Sep. so 19h00/ 19h30. Hout en ys is by jou kaartjie ingesluit en genoeg ablusie geriewe is ook beskikbaar. Die kampplek is reg al vanaf Donderdag 21 September om 14h00 en as julle nog Sondagaand (24 Sep) wil kuier is dit ook reg om eers Maandag, 25 September te vertrek. Jou kaartjie sluit albei vertonings en jou kampplek in. Jongelinge 15 en onder is gratis. Bring jou kampkos en drinkgoed en kom saam vir 2 eksklusiewe aande met Valiant Swart.
Waar? Beplan maar self jou roete na Francistown en van daar volg die A1 noord na die Zimbabwe grens for nog 54 km tot by 'n “village” Tshesebe. Dit is goeie teerpad tot daar en dan net so 4 km tot die “spot”. Volg dan net aanwysings.. Slegs 4x4.
Besoek sommer ook die kultuur historiese Domboshaba Ruins so ongeveer 30km vanaf die “event”
Vir verdere inligting WhatsApp +26772815025