This event is over.

Die Groot Boishaai Interskole Skouspel

Doors open at 1:00 pm
Organized by De Villiers National Events
DIE GROOT BOISHAAI INTERSKOLE SKOUSPEL!

Boishaai kondig met trots aan... Die Groot Boishaai Interskole Skouspel!
Die Boishaai Interskole Skouspel spog met ‘n verskeidenheid bekende kunstenaars en vind op 5 Augustus op die HJS-skoolveld plaasvind. Die konserte begin 19h00 na afloop van die hoofwedstryd, maar ons maak reeds die hekke 13h00 oop vir konsertgangers wie die wedstryde in ons “Fan Park” op die Big Screens wil kyk.

Juan Boucher, Zanne Sonnekus, Jacques du Plessis en Margot gaan HJS laat ruk! Ons rig ‘n groot feesterrein op met reuse bier-en wyntente sowel as kosstalletjies met ‘n verskeidenheid lekkernye en eetgoed.

Die konsert skop om 19h00 af, maar die hekke maak reeds 13h00 oop. Daar sal groot skerms wees waarop almal die Interskole-wedstryd tussen Paarl Gimnasium en Boishaai kan kyk sowel as die vooraf-wedstryd tussen die twee skole se Seccies. So, bring jou kampstoel en kom geniet die Interskole-aksie saam met ons in ons 'Fan Park'!

HJS is stapafstand van die Faurestraat-Stadion af, wat beteken konsertgangers wat die wedstryd op die Faurestraat-Stadion bywoon hoef nie weer parkeerplek te soek na afloop van die Interskole-wedstryde nie. Julle kan jul kampstoele in jul motors kry en sommer oorstap na afloop van die eindfluitjie en skoolliedere.

Die inisiatief is gebore uit die groot behoefte om lekker saam te kuier tydens en na afloop van die wedstryd. Hierdie jaar sluit ons Interskole behoorlik af!