Tickets on sale soon

Die Buffelsfontein Fees

Organized by Buffelsfontein Brandewyn
Dis ‘n feit soos ‘n stoet-Bonsmara dat Buffelsfontein Brandewyn beter proe met Afrikaanse musiek wat in die agtergrond speel. Dus het die Buffelsfontein-groep besluit om op 26 Augustus 2023 ‘n reuse fees te hou, waar gaste die eerste somer-sonstrale saam met hulle familie kan geniet. En waar dan nou beter, as in die skadu van die ikoniese Voortrekkermonument?

• 11 Afrikaanse kunstenaars
• ‘n Massiewe bier-en-brandewyntuin
• Wyn en jenewer mengeldrankies vir die tannies
• Kos stalletjies vir elke nuk en gril
• Speelplek vir die jongspan

Kom sluit gerus by ons aan vir hierdie vrolike fees, waar ons die lente sommer vroeg-vroeg gaan verwelkom.

Buffelsfonteiners maak gereed vir die Buffelsfontein Fees...
Wat jy wil weet.

  • Hekke open om 10:00vm
  • Beide goue sirkel en algemene kaartjiehouers is welkom om sambrele, kampstoele en piekniekkomberse te bring – daar is geen stoele op terrein nie.
    GEEN GAZEBO’S of KOELBOKSE sal toegelaat word nie.
  • Onthou SONROOM.
  • Die enigste ingang is by die hoofingang van die Voortrekkermonument.
  • Parkering is gratis en daar is voorsiening gemaak vir spesiale parkering vir persone met gestremdhede.
  • Let op dat Uber van die Noordhek van die Voortrekkermonument gebruik maak. Tik asb. Buffelsfontein Fees by Uber se soekfunksie in om u na die regte hek te neem. Indien u van Fonteine se kant kom moet die drywer verby die hoofhek ry, regsom die terrein na die Noordhek.
  • Bring die bewys van jou kaartjie op jou slimfoon of uitgedruk.
  • Die geleentheid is kontantloos- kaartfasiliteite sal beskikbaar wees.
  • Daar is genoeg alkoholiese asook nie-alkoholiese verversings om die keel nat te hou asook meer as 50 kosstalletjies vir elke nuk en gril. Geen eie drankies of kos word toegelaat nie.
  • Geen alkohol sal aan persone onder 18 jaar verkoop word nie.
  • Die Voortrekkermonument is geleë in ‘n natuurreservaat, dus word geen troeteldiere op die terrein toegelaat nie, maar gidshonde is welkom.
  • As gevolg van munisipale regulasies is die volgende nie toelaatbaar op terrein nie: Vuurwapens, vuurwerke, dwelms, skerp voorwerpe, messe, vlambare produkte, enige vorm van glas.
Die fees sluit die volgende kunstenaars in: MC: Pieter Koen
12:00 Fatman
12:30 Neil Somers
13:00 Steve Hofmeyr
14:00 Rooksein
15:00 Leah
16:00 Pieter Smith
17:00 Kurt Darren
18:00 Jakkie Louw
19:00 Adam Tas
20:00 Bernice West
21:00 Juan Boucher

Kaartjies is slegs by iTickets beskikbaar.

Daar is verskeie aanbiedinge vir feesgangers:
Vir die wat nie op hulself laat wag nie en heel eerste kaartjies koop, sal die eerste 1 000 kaartjies teen slegs R150 vir volwassenes en R50 vir kinders (12 jaar en jonger) beskikbaar wees.
Kaartjies sal teen R250 vir volwassenes en R70 vir kinders (12 jaar en jonger) beskikbaar wees sodra die aanbieding verstryk.