This event is over.

Steve Hofmeyr Live! Welbedacht

Organized by De Villiers National Events
STEVE HOFMEYR LIVE! | WELBEDACHT 2024| KAARTJIEVERKOPE NOU OOP!

Na die ongelooflike sukses van vanjaar se Steve Hofmeyr Live!-buitelugkonserte op Welbedacht in Wellington, het ons besluit om dit weer te doen, op dieselfde naweek en dieselfde plek in 2024!

Steve Hofmeyr Live! op Welbedacht sal op 3-4 Februarie 2024 plaasvind en ons gaan vir ons 2023-konsertgangers eerste geleentheid gee om kaartjies te koop vir die konserte voordat ons verkope aan die publiek oopmaak. Die konserte sal beperk wees tot 2500 konsertgangers per dag.

Voorafverkope eksklusief vir vanjaar se konsertgangers is nou oop en ons gee vanjaar se baanbreker-feesgangers drie dae kans om hul voorkeursitplekke te verseker vir aanstaande jaar se konserte voordat ons kaartjieverkope Maandag oopmaak aan die publiek.

Hekke maak 17h30 oop en die voorvertoning begin 18h45. Steve se vertoning sal om 19h30 begin.