Tjokkenblok Vol!

Afrikaans is Groot | Saterdag, 25 Nov (MIDDAG)

Doors open at 11:00 am
Organized by Groot Tickets
Afrikaans is GROTER as ooit!

Afrikaans mag dalk die jongste taal ter wêreld wees maar ons taal is geensins klein nie. Afrikaans is Gróót... Só groot dat Afrikaanse-mense nou al vir meer as tien jaar vir die grootste konsert in Suid-Afrika bymekaar kom om hulle moedertaal te vier.

Vanjaar is geen uitsondering nie... Veral na Charlize Theron se uitlating dat slegs 44 mense Afrikaans praat, is ons mense meer opgewonde as ooit vir hierdie samekoms, om saam met hulle familie van 8500 mense per konsert, 'n ekstravaganza te geniet.

Afrikaans is Groot, wat in 2012 ontstaan het, het in 2022 binne 24-uur nege konserte tjok-en-blok uitverkoop, dit alleen getuig van Afrikaanse mense se lojalitiet en liefde vir hulle taal en die kunstenaars wat in hulle taal musiek maak. Musiek is deel van ons hele wese, ons luister dit by 'n braai, sing dit in die kerk, wens ons vriende geluk met hulle verjaarsdag en groet ons geliefdes by 'n begrafnis. Afrikaans is ons harte!

Op 28 Maart maak ons weer gereed vir die jaarlikse AiG met kaartjie-verkope wat om 10:00 via iTickets open, vir die agt konserte wat by die Sun Bet Arena in Pretoria, op 24, 25 en 26 November asook 1, 2 en 3 Desember, onderskeidelik aangebied sal word.

Die nimlike Laurika Rauch beskryf Afrikaans is Groot as 'n spesiale familie-reunie, en dit is voorwaar wat dit is. AiG is sinoniem met wêreld-gehalte klank, beligting, dansers, tegnologiese-toerusting vanuit die buiteland ingevoer, afgerond deur elemente wat mense na hulle asems laat snak. Vanjaar se konsert bestaan weer uit 'n rits opwindende idees wat die gehoor 'n ongeëwenaarde ervaring sal bied.

Mense wonder elke jaar, wat gaan AiG dié keer anders doen om te verras, en met die hulp van Bo word ons altyd geseën met idees wat nie net die kunstenaars tot hulle reg bring en Afrikaans behoorlik vier nie, maar ook die gehoor in vervoering bring - presies wat hulle verdien. Ek kan nie wag vir mense om te sien wat ons vanjaar in die mou voer nie, vertel Barry Pretorius, vervaardiger en regisseur van Afrikaans is Groot.

Ons wonderlike borge vir hierdie geleentheid bestaan vanjaar uit: Virseker, Laeveld Agrochem, die e-Kanale, Belgravia Gin, Die City Lodge Hotel Group en Lift Airlines. Sonder hulle, wat Afrikaans groot hou, sal AiG nie moontlik wees nie. Ons is oneindig dankbaar vir hulle ondersteuning.

Maak gereed om jou sitplek betyds te bespreek en kom ons wys die wêreld, Afrikaans is GROTER as ooit!