This event is over.

Skrik Vir Niks (Die Snotkop Movie)

Organized by Sony Music Entertainment Africa
'n Inspirende dokumentêre film vir alle ouderdomme wat fokus op die suksesverhaal van kletsrym fenomeen, SNOTKOP.

Vergeet wat jy weet van Snotkop en sommer terwyl jy besig is vergeet wat jy weet van musiek dokumentêre.

"Ek dink mense moet nicer met mekaar wees"

Skrik vir Niks is een oomblik skreeusnaaks en die ander hartroerend, maar dit slaag daarin om deurgaans 'n aansteeklike positiewe gesindheid te handhaaf.

Skrik Vir Niks bied vir die kyker ongekende toegang tot die minder bekende man agter SNOTKOP, Francois Henning.

Dis half autobiografie - Ons leer by sy trotse Ma hoe Francois al as kind vermaaklikheid in besigheid verander het toe Francois en sy broer 'n ingangsfooi vir hulle poppekas gevra het. Net om later uit tevind dat dit meestal Francois se gevloekery was wat die buurt se kinders vermaak het - En dis 'n selfverbeteringkursus ook. Ek weet dit klink crazy, maar daar is 'n kragtige boodskap hier:

"Ek het my drome gepicture en dit het waar geraak."

Skrik vir Niks is 'n verhefde dokumentêr. Dit fokus nie net op Francois nie maar poog en slaag daarin om 'n blywende impak te maak op die kyker. En dis eintlik hier waar ek dink mense aangegryp sal wees.

"Your tribe creates your vibe."

Hy gebruik die platform om ander mense te inspireer, nie net deur sy eie storie nie, maar ook deur inspirerende stories van ander. Ons hoor onder andere van die paralimpiese rekordhouer, Louzanne Coetzee, Bibi Du Preez (Tant Martha by AIG), Early B, Refentse en Wayne Bester (danser en choreograaf), en elkeen se unieke storie beaam Francois se uitgangspunt van harde werk, deursettingvermoë en positiwiteit.

"Dit laat mens voel of jou eie drome ook kan waar word, no matter what en dat jy vir absoluut niks hoef te skrik nie."

Maar hel, nes jy dink dinge kan nie beter gaan nie gebeur daar iets op kamera wat werklik skrikwekkend is. Ek wil dit nou nie weggee nie, maar daar is minute op skerm wat letterlik naelbyt is.

"Ek sê altyd as almal kla, is ek te besig om drome te jaag."

Die film eindig op 'n epic noot by sy sold-out Arena produksie 'SNOTKOP en Vriende'.

SNOTKOP is 'n argetipe, die drop-out wat met harde werk 'n reuse sukses gemaak het. Hy breek die stereotipe.

Dit is 'n doccie oor hom, maar ook almal agter hom, sy vriende en eintlik JY OOK!

"Moenie altyd die negatiewe stemmetjie in jou kop glo nie."

Aan die begin van die doccie sê SNOTKOP se Ma: "In die regte lewe is Francois maar boring". Sy praat bog!

KYK DIE MOVIE!