This event is over.
Doors open at 6:00 pm
Organized by Alwina van Zyl
LAERSKOOL NOORD se leuse is KYK NOORD EN STOOT VOORT, maar in hierdie lekker lag produksie is dit alles behalwe die geval.

Drie onderwyseresse beplan ‘n verrassingsafskeidspartytjie vir hul skoolhoof se aftrede. Tussendeur die netbaljuffrou, Zelda de Wet, se vreeslose fluitjie, Bets du Preez se dramatiese deurmekaar administrasie en kaftans en sorglose Marietjie wat probeer om die wit vlaggie van vrede te laat wapper en seëvier, met haar glitter stickertjies en sticky notes, is hierdie personeelkamer ‘n tikkende tydbom. En boonop gaan Meneer enige oomblik aankondig wie by hom oorneem as die nuwe hoof van Laerskool Noord. Kan dit een van hulle wees?

‘n Komedie met Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck, Ilne Fourie, Neels Coetzee
Regie: Gideon Lombard
Teks: Ilne Fourie

Die produksie word geskep in samewerking met Vrystaat Kunstefees en Aardklop en NATi.)

Geen Onder 13's

Kaartjie verkope en alle donasies is ten bate van ACVV Ons Huis versorgingsoord vir senior burgers in Kimberley