This event is over.
Kampvuur Fees


Smag jy ook na 'n bosveld vuur saam met hartsvriende? Kom verdwaal waar die warm Afrika sand aan jou voete klou en helder sterre vir ewig skyn - ons stel met groot opwinding die tweede KAMPVUUR FEES bekend te Mbizi Game Lodge, 26 tot 28 Mei 2023!
Sien uit na vele bekendes, verskeie stalletjies en n pret belaaide program op hierdie naweek wat alles bos, braai, kamp en meer aanbied met ‘n gesellige biertent, kos en vermaak vir die kleingoed.
Ons sien julle in die hartjie van die bosveld, tot wedersiens!
Kampvuur groete.

