This event is over.

kykNET Kersfeesblyspel

Doors open at 5:30 pm
In die kykNET Kersfeesblyspel word die menslike en die magiese verweef nie net om die prag en heiligheid van die wonderwerk van Kersfees te illustreer nie, maar ook vir die gehoor ’n warm en herkenbare ervaring deur musiek, toneelspel en vertelling te bied.

Addisionele inligting:
- Geen kinders onder 3 jaar nie
- Kersgeskenk projek – Bring asseblief ‘n toegedraaide speelding vir ‘n kind saam. Dui op die pakkie aan Seun of Dogter en die gepaste ouderdom. kykNET gaan die Kersgeskenke aan ‘n plaaslike liefdadigheidsorganisasie skenk
- Veilige parkering binne in die teater kompleks
- Kafeteria en verversings beskikbaar
- Venue open om 5:30pm – kom ontmoet vir Kersvader, neem foto’s saam met bekende kykNET persoonlikhede en deel in die gees van Kersfees
- Die vertoning word vir televisie opgeneem, die ouditorium se deure open om 6:15pm. Alle gehoorlede moet stiptelik om 6:45pm hul sitplekke inneem.