This event is over.

Hartenbos Groot Fees | Afrikaans is Groot Buitelug (Vrydag - 23 Des)

Doors open at 4:30 pm
Organized by Groot Tickets
Afrikaans is Groot Buitelug
23 Desember 2022
18h30 tot 22h30

Afrikaans is Groot is jaarliks ’n hoogtepunt op die musiek kalender en sedert die ontstaan van dié konsert in 2012 kon gehore nie genoeg van hierdie gesogte konsert wat ons taal, musiek en ongelooflike kunstenaars tentoonstel kry nie. Kaapse gehore was teleurgesteld toe kaartjies vir Pretoria se AiG-konserte geopen het, maar kan nou uitsien na ’n buitelug weergawe wat die Hartenbos GrootFees op 23 Desember op ’n hoë noot gaan afskop.

Die kunstenaars wat feesgangers in die ATKV Amfiteater gaan vermaak is; Riana Nel, Jo Black, Riaan Benadé, Demi Lee Moore, Elandré, Ricus Nel, Elvis Blue, Tarryn Lamb en Corlea.

Kaartjies vir hierdie konsert kos R350 vir die goue-sirkel, R250 vir algemene toegang en R125 vir kinders onder die ouderdom van 12. Kaartjies open amptelik op 29 Augustus 2022 slegs by iTickets.

Die eerste duisend mense wat kaartjies koop vir al vier konserte sal van die groepkaartjie vir Vinnige Vingers-aanbod van slegs R800 gebruik kan maak. Let wel: hierdie aanbod is nie vir kinders beskikbaar nie.

Kliek hier om vir al 4 konserte gelyk te bespreek (Gaan Groot Pakket)