UITVERKOOP | VIR ANDER BESKIKBARE DATUMS gaan na https://itickets.co.za/search?query=groot

Afrikaans is Groot | Vrydag (4 Nov) - 19h30

Doors open at 6:30 pm
Organized by Groot Tickets
KLIEK HIER VIR ANDER BESKIKBARE DATUMS:

Ná bykans drie jaar is dit weer tyd om huis toe te kom

Ná bykans drie jaar se musiekdroogte waartydens Afrikaanse musiekliefhebbers nie die groot jaarlikse familie saamtrek kon geniet nie, is die juweel van Afrikaanse musiek terug en dit is tyd vir jou om huis toe te kom en die oorvloed van musiekgenot te ervaar.

Afrikaans is Groot is sonder twyfel ’n hoogtepunt op die jaarlikse musiekkalender en sedert sy ontstaan, presies tien jaar gelede, het dié gesogte produksie gegroei na ’n tuiste vir Afrikaanse mense - ’n veilige hawe waar die taal, musiek en kultuur gevier kan word.

Die plaaslike musiekbedryf moes sedert die pandemie deur ’n paar uitdagings spartel, maar met die hulp van Virseker as hoofborg van Afrikaans is Groot kan konsertgangers weer bederf word met die topklas produksie waaraan hul gewoond is.

Belangrike Inligting:

- GEEN eie kos of drank mag ingeneem word nie, restaurante en kroeg is beskikbaar op die dag
- Kinders onder 2 is GRATIS mits hul op 'n volwassene se skoot sit.
- Deure sluit om 13h00 wanneer die vertoning begin en persone sal slegs weer ingelaat word wanneer daar 'n pouse is.

Z9Ri1JQ.png