This event is over.

Steve Hofmeyr Live! Welbedacht

Organized by De Villiers National Events
Die Taalmonument het die organiseerders onlangs in kennis gestel dat dit nie meer gasheer wil speel vir die Steve Hofmeyr-konserte by die Amfiteater op 4 en 5 Februarie 2023 in die Paarl nie.

Ons het ‘n aansoek in die hoogeregshof gebring vir nakoming van die verhuringskontrak, maar die hof het in die guns van die Taalmonument beslis en dit toegelaat om uit die kontrak te tree. Ons besin daaroor om die beslissing op appel te neem, maar die saak gaan nie besleg word voor die konsertdatums nie.

Ons wil ons dank uitspreek aan Schalk Burger en Seuns (Welbedacht) in Wellington wie die konserte omarm het en ‘n pragtige nuwe tuiste vir ons gee vir die aanbieding.

KONSERTREËLINGS

Hekke maak 15h00 oop.

Konserte begin 18h00 met voorafvertonings deur Jacques du Plessis en Corne Pretorius.

Steve Hofmeyr se optrede sal 19h30 begin.

Geen vloeistowwe, water, ys of alkohol mag in die konsertterrein ingebring word nie.

Daar is ‘n ten volle toegeruste kroeg en biertuin sowel as ‘n wye verskeidenheid kosstalletjies. Kroegbediening begin 15h00 en eindig 23h00.

Kaartbetalings word verkies, alle debiet-en kredietkaarte welkom
Geen Gazebos of tente in die konsertterrein nie.

Jy kan ‘n gedrukte weergawe van jou kaartjie saambring of dit byderhand hou op jou foon.

Geen onder 18s in die kroegarea
Vir die algemene toegangsarea mag jy jou kampstoel saambring.

Konsertgangers word aangemoedig om saamrygeleenthede te gebruik.