This event is over.

Top Wine Roots | Laailou Musiekfees

Doors open at 9:00 am
For more information
Visit Website
Organized by Laailou Musiekfees
Visit Website
Laailou Musiekfees | 19 November 2022

Die Bergrivier-oord is absoluut geskik vir die aanbieding van 'n baie unieke fees met twee verskillende sitplekkeusses - jou kampstoel op die gras of jou Laailou in die rivier. Ja, jou laailou is daardie opblaas-dryflêding wat ons net in Desembers uithaal. Hierdie komende November gaan ons ons laailous weer afstof en almal lekker jaloers maak!

Ons bedryf 'n reuse biertuin op die feesterrein met verskeie promosies deur drankmaatskappye. 'n Groot aantal kosstalletjies bedien 'n verskeideinheid kossoorte en die Bergrivier-restaurant sal ook oop wees.

Die verhoog word met 'n 240 grade gehoor-radius opgestel sodat dit toeskouers in die rivier op hul laailous sowel as toeskouers op hul kampstoele in die feesterein bedien. Die Bergrivieroord het pragtige staanplek vir tente asook luukse staanplek vir karavane. Kliek hier vir kampplek bespreking by die oord.

Kinders is welkom en daar is hope vermaak om die kleingoed besig te hou.