This event is over.

iFunder | Regsfonds vir André Pienaar en beskuldigdes van Senekal Protes

Organized by Willem Petzer
gIAOQxT.png

Na afloop van die Senekal proteste word André Pienaar, sowel as 'n ander man, vervolg soos terroriste op niks minder as 7 verskillende ernstige klagtes.

Die klagtes sluit in: publieke geweld, en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Indien hulle skuldig bevind word van net één klag, is die minimum straf 5 jaar tronkstraf.

Die staat het 'n massiewe saak oopgemaak met 'n totaal van 45 staatsgetuies. Volgens regskenners gaan die saak ten minste 25 dae duur.

Indien hulle 'n goeie regspan aanstel sal die regskostes neerkom op ongeveer R40 000 per dag. Dus lyk André se saak of dit alleen oor 'n miljoen rand gaan kos om te verdedig.

Ek, Willem Petzer, het besluit om 'n regsfonds vir hulle te begin. Hierdie fonds sal alles in my persoonlike prokereur se trustrekening inbetaal word.

Ons sal dan hierdie geld aanwend om die beste regspan wat ons kan bekostig te kry om hulle te verdedig.

Indien daar enige fondse oorbly sal dit gebruik word om, as André tronk toe gaan, sy vrou en sy dogtertjies te onderhou.

Indien ons hom kan laat vryspring van tronkstraf, en daar bly nog steeds fondse oor sal die res van die geld aangewend word vir niewinsgewende werk waarmee Willem Petzer geaffilieer is.

Nou is die tyd om saam te staan. Kom ons ondersteun hierdie gesinne in nood!