This event is over.
Wen 'n Jag met Brendan Peyper & Trompie
Doors open at 12:00 am
Inskrywings verleng na 30 Oktober.
Wen 'n Jag saam met Brendan Peyper op Intaba Yamanzi (Die 2022 datum word bevestig die 30ste Oktober , wanneer die wenner bekend gemaak word)
Kaartjies kos R120 per lootjie
Prys sluit in:
- 3 x Rooibokramme (onder Roland ward)
- Twee etes per dag (Bring jou eie drank)
- Geborgde Wildebees T-hemp en Hoed
- Akkommodasie te Intaba Yamanzi Jagplaas net buite Warmbad
Trekking vind plaas Saterdag, 30 Oktober 2021.
Kompetisie Terme en Voorwaardes:
Wen 'n Jag saam met Brendan Peyper op Intaba Yamanzi (Die 2022 datum word bevestig die 30ste Oktober , wanneer die wenner bekend gemaak word)
Kaartjies kos R120 per lootjie
Prys sluit in:
- 3 x Rooibokramme (onder Roland ward)
- Twee etes per dag (Bring jou eie drank)
- Geborgde Wildebees T-hemp en Hoed
- Akkommodasie te Intaba Yamanzi Jagplaas net buite Warmbad
Trekking vind plaas Saterdag, 30 Oktober 2021.
Kompetisie Terme en Voorwaardes:
- Met jou deelname aan hierdie kompetisie word jy gebind aan die bepalings en voorwaardes van die kompetisie.
- Die Kompetisie neem in aanvang 2 Augustus tot en met 30 Oktober 2021 - 13h30.
- Die wenner sal aangekondig word SATERDAG 30 OKTOBER 2021 Brendan Peyper se Facebook Page (https://www.facebook.com/BrendanPeyperMusiek ) en sal ook telefonies bevestig word.
- Die wenner sal bepaal word deur middel van ‘n prystrekking en die uitslag sal as finaal beskou word.
- Geen direkte familielede of werknemers van Brendan Peyper of Personeel van Intaba Yamanzi mag nie die prys wen nie.
- Die prys sluit ‘n Jag in op Intaba Yamanzi, net buite Warmbad. Dit datum sal bevestig word Tussen die Wenner/Brendan Peyper & Intaba Yamanzi
- Vervoer tot op die plaas en weer terug na U bestemming is nie ingesluit nie.
- Die wenner kan 3 vriende of familielede saambring op die jag.
- Deelnemmers moet bo die ouderdom van 12 jaar wees ten tye van inskrywing.
- Indien die wenner jonger as 18 jaar oud is ten tye van aankondiging, moet jy vergesel word deur jou ouers of voog en dit sal dan tel as 1 familielid of vriend wat jy kan saambring.
- Prys sluit die jag van drie Rooibokramme (onder Roland ward) in. Die wenner en elke persoon wat saam hom/haar op die jagnaweek kom sal 'n geborgde Wildebees T-hemp en Hoed ontvang met hul naam op en datum van die jag
- Enige ander wild wat gejag word bo en behalwe wat ingesluit is in die prys, is vir jou eie rekening.
- Die prys sluit verblyf in te Intaba Yamanzi Jagplaas net buite Warmbad.
- Die prys is nie oordraagbaar, verhandelbaar of omruilbaar vir kontant nie.
- Vervoer van die wild vanaf die plaas en verwerking is vir U eie rekening, verwerking kan gereel word indien versoek.
- Kos vir die tydperk op die plaas (2 etes per dag) is ingesluit en drank is uitgesluit in die prys. Enige ekstra voedsel benodig moet self voorsien word. Eie kos kan ook voorsien word en word aanbeveel indien kos voorkeure buite die normale kampvuur braai is.
- Alles op die plaas wat deel uitmaak van die jag, jagvoertuig, slag, koelkamers en hout is ingesluit.
- Die wenners van die kompetisie word bepaal deur 'n prystrekking, hoe meer lootjies jy koop, hoe groter is jou kans om te wen. Die Wenner kan nie gekies word as hulle nie Brendan se Facebook Page/Intaba & Pretoria Arms se pages gaan like het nie
- Daar is geen limiet op die hoeveelheid lootjies wat gekoop of verkoop mag word nie.
- Brendan Peyper behou die reg voor om die kompetisie en/of die inhoud daarvan op sy eie diskresie en te enige tyd te verander, op te gradeer of op te skort.
- Brendan Peyper behou die reg om enige inskrywing te diskwalifiseer.
- Die trekkingsproses sal as volg wees: 5 finaliste sal getrek word en ‘n finale wenner sal uit die 5 finaliste, via ‘n lewendige uitsending op Brendan Peyper se Facebook blad, getrek word op die dag.
- Sou die wenner aandui dat hy nie die prys kan/wil aanvaar nie sal die wenner die prys verbeur en sal die naaswenner kwalifiseer vir die prys.
- Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie.
- Indien die prys nie binne 4 kalenderdae aanvaar word nie, sal die prys na die volgende wenner gaan.
- Wenners benut die prys op hul eie risiko. Nie Brendan Peyper of Intaba Yamanzi plaas en hulle werknemers kan aanspreeklik gehou word vir enige verlies, skade, persoonlike beserings of dood wat spruit uit enige nalatigheid of opsetlike optrede met die aanvaarding of gebruik van die prys nie.