Kaartjies beskikbaar vanaf Sondag, 11 Julie 2021 om 20:00 pm

Heruitsending - Helene Bester Sing Nana Mouskouri

Organized by Lefra Communications and Marketing (Pty) Ltd.
Visit Website
Kaartjies beskikbaar vanaf Sondag, 11 Julie 2021 om 20:00 pm

Helene Bester bring in haar produksie – Helene Bester sing Nana Mouskouri – hulde aan hierdie ikoniese Griekse sangeres. Bester se produksie is verlede jaar onder groot toejuiging tydens die Oppiwater Kunstefees bekendgestel. Die teks en regie word hanteer deur Frans Swart van Lefra Produksies en musiekregie is te danke aan Heinrich Pelser – ook Helene se begeleier, tydens die Mouskouri-vertonings.

“Ek het nog altyd daarop gehoop om ‘n Nana-vertoning te doen. Ek is so mal oor haar stem en ek en my sussie het met haar musiek groot geword” vertel Helenè. “Ons het rerig gedink dat sy ‘n vriendin is van my ma. My ma en sy lyk so eenders. Tog dink ek dat die tyd nou eers ryp is vir my, om die vertoning te doen. Ek glo nie dat ek hierdie musiek so goed sou kon interpreteer 10 jaar terug nie. My stem is ook ouer en klink dalk meer volwasse, wat ek glo meer by haar teikengehoor aanklank vind.” Ek’t haar musiekvideo’s “opgeswot” om te kyk hoe sy beweeg op die verhoog, wat sy met haar hande doen en hoe sy ‘n gehoor aanspreek. Mens wil dit tog so geloofwaardig moontlik maak. Regisseur Frans Swart stem saam: “Toe Helenè my oor hierdie projek nader,was ek dadelik opgewonde. Wie dan nou beter as die talentvolle Helenè om hulde te bring aan die tydlose en elegante Nana Mouskouri?” TERUG OP PUBLIEKE AANVRAAG!

Die stroom skakel word per e-pos vanaf orders@itickets.co.za gestuur sodra die bespreking vervul is.
Hierdie Lefra Kelderkonsert sal beskikbaar wees om in jou eie tyd te kyk tot Maandag, 19 Julie 2021 om 00:00 (middernag)