This event is over.

Blue Moon Konsertreeks - Appel

Doors open at 4:00 pm
Organized by Mbombela Promotions (PTY) LTD
Visit Website
12 DESEMBER - APPEL

In 'n kloof tussen die beeldskone laeveld-berge lê die musiek-venue van ouds, Blue Moon. Na 6 jaar van stilte word hierdie prentjiemooi plek in November 2020 heropen met 'n opwindende konsertreeks vir die hele gesin!

Genoegsame sitplek by tafels is beskikbaar of vir 'n ander ervaring, bring gerus kampstoele en komberse en kom span uit op die gras-terrasse terwyl jy na die vertoning kyk! Elke konsert word op 'n hoë noot afgeskop met 'n opwindende gaskunstenaar. Dit bly egter 'n verrassing so kom sien self!

Geen eie kos of drank word toegelaat nie maar daar is allerlei kosstalletjies en 'n kontantkroeg beskikbaar vanaf die hekke open tot 23:00.

Kaartjies is SLEGS vooraf aanlyn beskikbaar.

Boer loop deur sy are en in die bos is hy tuis. Dié jagter gaan sorg vir ‘n aand wat jy vir lank nie gaan vergeet nie - so bring jou nonna en jou pelle en kom kuier saam!