This event is over.

Blue Moon Konsertreeks - Karlien van Jaarsveld

Doors open at 4:00 pm
Organized by Mbombela Promotions (PTY) LTD
Visit Website
04 DESEMBER - KARLIEN VAN JAARSVELD

In 'n kloof tussen die beeldskone laeveld-berge lê die musiek-venue van ouds, Blue Moon. Na 6 jaar van stilte word hierdie prentjiemooi plek in November 2020 heropen met 'n opwindende konsertreeks vir die hele gesin!

Genoegsame sitplek by tafels is beskikbaar of vir 'n ander ervaring, bring gerus kampstoele en komberse en kom span uit op die gras-terrasse terwyl jy na die vertoning kyk! Elke konsert word op 'n hoë noot afgeskop met 'n opwindende gaskunstenaar. Dit bly egter 'n verrassing so kom sien self!

Geen eie kos of drank word toegelaat nie maar daar is allerlei kosstalletjies en 'n kontantkroeg beskikbaar vanaf die hekke open tot 23:00.

Kaartjies is SLEGS vooraf aanlyn beskikbaar.

Met geskeurde jeans en rooilipsoene - van "Jakkals trou met wolf se vrou" tot "Hande", is Karlien terug by Blue Moon. Bring jou familie en vriende of maak dit dié week se "date-night"... Ons waarborg ‘n baie spesiale aand!