This event is over.
Doors open at 6:00 pm
Organized by Atterbury Theatre
Kom geniet 'n aand van kuns en klank saam met Maroela
Kuns en klank – kom kry 'n stukkie kultuur!

Ons het goeie nuus vir elkeen wat al net so lus is soos ons vir 'n aandjie uit - 'n geleentheid om net weer 'n bietjie kultuur te smaak.

Van die beste Afrikaanse musikante op een verhoog tydens Maroela se aand van Kuns en Klank is net die medisyne wat jy nodig het!

Kom verlustig jou in die kunswerke van Lidi de Waal en Anna Davel voor Jannie Moolman, Leon Gropp, Saarkie, Lizanne Barnard en Anna Davel ons met hul musiek gaan bekoor. Die nimlike Lizz Meiring is ons gasvrou vir die aand. Bespreek sommer dadelik jou sitplek vir Kuns en klank op 14 November 2020 by die Atterbury-teater in Pretoria. Die deure maak om 18:00 oop vir die kunsuitstalling en die vertoning begin om 19:00. Die vertoning is 90 minute lank. Kaartjies kos R195-00 per persoon.

Opskud, daar is slegs enkele kaartjies beskikbaar omdat ons ten alle tye aan Covid-19-regulasies sal voldoen.




TEATER VEILIGHEID EN PROTOKOL

- Sitplekke word twee-twee beskikbaar gestel volgens veiligheidsmaatreëls.
- Nie meer as twee gehoorlede mag langs mekaar sit nie.
- Net beperkte sitplekke beskikbaar (50% kapasiteit)
- Maksimum spasie word tussen gevulde sitplekke oopgehou.
- MASKERS IS VERPLIGTEND
- Temperatuur word geneem.
- Inteken vorm moet voltooi word.
- Maak seker jy is betyds om in te teken (voorportaal maak ‘n uur voor die vertoning oop)
- Ontsmetmiddel / handreiniger is in die voorportaal beskikbaar.
- Kunstenaars sal nie na die vertoning fotos kan neem of handelsware teken nie
- Kaartjies kan slegs AANLYN gekoop word by iTickets.co.za